Geen verdere seine van vermiste vliegtuigwrak

malaysia airlinesSoekspanne het nog nie weer nuwe seine van die vermiste Vlug 370 se vliegtuigwrak van Malaysia Airlines gehoor nie.

Owerhede was die afgelope week optimisties nadat vier onderwaterseine, vermoedelik van die vlugopnemers, ontvang is. Sedert 8 April was daar egter nie enige verdere seine nie, en die batterye van die vlugopnemer is moontlik reeds pap. Die batterylewe van die vlugopnemer is ongeveer een maand, en daardie periode het reeds verstryk.

Sodra beamptes tevrede is dat geen verdere seine ontvang sal word nie, gaan ʼn robotduikboot afgestuur word om ʼn groot gebied in baie diep water te deursoek. “Niemand moet die uitdagings van die taak wat voor ons lê onderskat nie,” het Tony Abbott, eerste minister van Australië, Saterdag gesê.

Die vliegtuig met 239 mense aan boord het op 8 Maart van Kuala Lumpur na Beijing verdwyn. Beamptes glo die vliegtuig het moontlik vir ʼn onbekende rede van koers af gevlieg en toe in die suid-Indiese Oseaan aan Australië se weskus beland.

Volgens Abbott is die seine wat vroeër deur ʼn Australiese skip opgetel is wel dié van die vliegtuigwrak se vlugopnemers. Dit is noodsaaklik om die vlugopnemers op te spoor om te bepaal wat tydens die vlug gebeur het.

Vier klanke is op 5 April en 8 April deur die Ocean Shield van Australië gehoor.

Lees ook:
Seine is van vermiste vliegtuig
Seine van vlugopnemer weer opgespoor
Chinese skip kry sein in Indiese Oseaan
Vermiste vliegtuig: ‘n Stryd teen tyd
Raaisel oor vermiste vliegtuig dalk nooit opgelos
Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.