‘Geen werk’ as Nieu-Seelandse gesondheidswerkers, onderwysers nie inent

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Joel Saget/AFP)

Nieu-Seelandse owerhede het Maandag aangekondig dat gesondheidswerkers en onderwysers in dié land nie van ʼn werk verseker sal wees indien hulle nie teen Covid-19 ingeënt word nie.

“Ons kan niks aan toeval oorlaat nie, daarom moet ons die inentings verpligtend maak,” het Chris Hipkins, minister van onderwys wat ook verantwoordelik vir die land se reaksie op die pandemie is, gesê.

“Inentings bly ons sterkste en doeltreffendste manier om teen ernstige of dodelike Covid-19-gevalle te beskerm.”

Volgens owerhede moet dokters, verpleegsters en ander gesondheidswerkers teen 1 Desember ten volle ingeënt wees, terwyl onderwysers wat daagliks met leerders in aanraking is teen die begin van Januarie ingeënt moet wees.

Hoërskole sal ook ʼn register van skoliere se inentingstatus moet byhou.

Die verpligte inentings sluit in onderwysers wat tuis onderrig gee en ouers wat as vrywilligers by ʼn skool werk.

Daar is egter nog nie besluit of inentings in die tersiêre onderwyssektor verpligtend gemaak moet word nie.

Die Royal New Zealand College of General Practitioners het die verpligte inentings ondersteun nadat sy president, Samantha Murton, dit as ʼn “gewaagde, maar noodsaaklike besluit” beskryf het.

Nieu-Seeland is deur die loop van die Covid-19-pandemie geloof vir sy pogings om die koronavirus heeltemal te stuit, eerder as om dit te bestuur.

Danksy dié benadering was dit nie nodig vir die land om vir langer as ʼn jaar inperkingsmaatreëls in werking te stel nie en die alledaagse lewe kon normaalweg voortgaan sonder beperkings op sosiale byeenkomste.

Die strategie het egter platgeval nadat ʼn enkele virusgeval van die Delta-variant in Augustus in Auckland aangeteken is en sedertdien na omliggende provinsies versprei het.

Premier Jacinda Ardern het gesê dat die hoogs oordraagbare Delta-variant die strategie van die land bemoeilik het en nie maklik uit die weg geruim kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Jacob ·

As McCullough, Malone en ander ware kenners reg is, hoort daar ‘n aansienlike toename in kanker onder die groep mense wat gedwing word om die “entstowwe” te neem, binne die volgende paar jaar voor te kom.

Ek hoop net van harte dat dit nie die geval is nie aangesien baie van my familie die “entstowwe” geneem het.

MakersMark ·

Monster in die gang stories. Meeste verkopers van bangmaakstories wat hulself voorhou as “experts” is die wat dit nie gemaak het tot op die boonste vlak in die mediese wêreld nie en die kans as doemprofeet sien as die laaste “claim to fame” geleentheid.

Nie Verbaas ·

MakersMark, jou opinie is jou eie en top medici het n ander mening as joune. Ek praat van persone wat die beste van beste in die wêreld is.

MakersMark ·

Daar is baie meer “top medici” wêrerldwyd wat inenting voorstaan as die paar “also ran” wat vertel dit veroorsaak ander siektes. So antwoord gou hier – glo die anti vaxxers regtig dat die miljoene dokters en ander medici oor die hele wêreld wat inenting voorstaan hul Hippokratiese eed verloën en lieg ? Ek sou “Verbaas” wees……

Gilla ·

Ek is nie anti-vax nie, ek en my kinders het al ons inentings gekry. Ek is anti-eksperimentele inspuitings.

“The future will be about finding a way to reduce the population. Of course, we will not be able to execute people or build camps. We get rid of them by making them believe it is for their own good. We will find or cause something, a pandemic targeting certain people, a real economic crisis or not, a virus affecting the old or the elderly, it does not matter. The weak and the fearful will succumb to it. The stupid will believe in it and ask to be treated. We will have taken care of having panned the treatment, a treatment that will be that will be the solution. The selection of idiots will therefore be done by itself: they will go to the slaughterhouse alone.”

~ Jacques Attalli … Bilderberger 1991

MakersMark ·

Mens moet verder lees as die eerste google quote. Die persoon was ‘n amptenaar van die Franse regering en onder Franse presidente gedien. En hy sal voor 800 wêreldleiers opstaan en so aanmerking maak ? Google bietjie verder – dis vals nuus en ‘n spul snert. Hy is ook afgemaak as ‘n “new world order profeet” hy behoort aan ‘n sataniese vrymesselaar kultus etc. Nie in een van sy boeke verwys hy na populasie beheer nie. So weereens ‘n spul snert en middeleeuse superstisie gebaseer op beperkte kennis en te veel Google.

Jacob ·

Kyk gerus na Dr Ryan Cole, ‘n top patoloog, se waarskuwings teen die Cvoid 19 entstowwe. Dit is werklik insiggewend en hy waarsku dat dit die liggaam se weerstand teen kanker, en van die Herpes virusse, ens afbreek. Dit help om soms bietjie wyer te kyk as net die narratief van die farmaseutiese maatskappye.

Dink ook waarom die CDC, NIH ens in die VSA nie inenting verpligtend vir hulle werknemers maak nie. Erens moet daar tog ‘n klokkie lui en bemoedigend is dat daar derduisende dokters is wat hulleself nou begin uitspreek teen die entstowwe ongeag van die feit dat hulle verneder word en afgebreek word.

Ons speel met vuur en dit is ons op grondvlak wat gaan brand.

MakersMark ·

Sou daar wesenlike gevaar in die inentings was sou dit nie die paar “stroom op” medici gewees het wat waarsku daarteen nie jy sou hoofstroom hofsake en verklarings gesien het daaroor.

Vlooitjie ·

WANT main stream media wat jy so blindelings glo doen nie verslaggewing daaroor nie

Hardekwas ·

Hier is baie mense op dié forum wat dit nog steeds glo.

MakersMark ·

Ek is “nie verbaas” nie daar is nog van hulle tussen ons.

Misky ·

Hulle noem niks van skoliere nie. So onderwysers word gedwing en skoliere nie.

Familie van my woon in NZ en hy is in hotel industrie. In Maart/April vanjaar was hy verplig om te bedank en wou nie inent nie en voel te min studies en navorsing gedoen tot hede.

Madeleine ·

My hart breek v mense wat moet kies tussen werk en inent. Ek Sal ook glad nie inent nie. Ons Kan net bid.

Francois Le Cochon ·

Kies tussen werk en werkloos is soos om te kies tussen chocolate of vanilla roomys, baie moeilik. Bid moet ook gepaard gaan met logika en common sense, anders gaan bid ook nie help nie. Life sucks ne!

Stefaan ·

Misky besoek “stopworldcontrol. c o m en vind uit hoe reg (of verkeerd) almal is.

Faraway ·

Ek het NIKS teen n”inenting nie”‘, ons almal het dit jare terug op skool ontvang MAAR . . . ekt n probleem met die eksperimentele aspek hiervan . . . waarvan die uiteinde skrikwekkende gevolge kan wees. In plein leke taal . . . daar was te min tyd gegun om te sien wat die newe effekte hiervan gaan wees!!!
Elke liewe pil/salf op die mark het newe effekte van n panado tot n grandpa maar oor jare het dit uitgespeel en ons almal WEET wat om te verwag
Hierdie inenting is nog in sy babaskoene . . . gee kans

koos10 ·

Faraway, dis 99.9% van almal wat teen die inenting is, se opinie. Maar daarvoor word hulle oor die kole gehaal en bykans as moordenaars bestempel. Ek glo nie ‘n enkele persoon op hierdie aarde sal die inenting weier as dit 100% veilig, doeltreffend en volhoubaar is nie

Anoniem ·

Faraway gaan kyk bietjie hoe lank die entstowwe wat jy gekry het op die mark was

KB ·

Dan het niemand die reg om ander te forseer om ingeënt te word teen Covid19 nie.

Geregtigheid ·

BRITISH MEDICAL JOURNAL No 7070 Volume 313: Page 1448, 7 December 1996.
Introduction
The judgment by the war crimes tribunal at Nuremberg laid down 10 standards to which physicians must conform when carrying out experiments on human subjects in a new code that is now accepted worldwide.
This judgment established a new standard of ethical medical behaviour for the post World War II human rights era. Amongst other requirements, this document enunciates the requirement of voluntary informed consent of the human subject. The principle of voluntary informed consent protects the right of the individual to control his own body.
This code also recognizes that the risk must be weighed against the expected benefit and that unnecessary pain and suffering must be avoided.
This code recognizes that doctors should avoid actions that injure human patients.

The principles established by this code for medical practice now have been extended into general codes of medical ethics.

Geregtigheid ·

The Nuremberg Code (1947) take a good look at it. IT IS NB TO KNOW THAT IT IS AGAINST INTERNATIONAL LAW.

MakersMark ·

Snert. Baie “pain en suffering” is verhoed met inentings. Gaan kyk tog die statistieke en dis nie die wat die tannie by die plaasposkantoor afluister op die nommer asseblief lyn nie. 99% van mense VANDAG in ICU’s in SA agv CV 19 infeksies IS NIE INGEËNT NIE. Selfde trant wêreldwyd. CV19 is ‘n globale pandemie. Entstowwe is intussen reeds goedgekeur so NIKS van wat jy hier kwytraak is relevant nie.

Madeleine ·

AL se hul die inenting is veilig Sal ek dit nie vat nie. Daars geen pandemie aan die gang met n herstelkoers v 95 present nie. Dus is ek v mening Dat dit hier gaan oor iets heel anders onheils en ons sal nie deel wees daarvan nie. Geld en mag en beheer. Soos openbaring voorspel.

MakersMark ·

Definetief openbaring 13 ons wag ook nog vir die dier….en sy merk. Ongelukkig los die inenting nie ‘n merk nie anders kon ons gesê het dis die merk van die dier. Ek dink ons gaan nog lank wag.

Oomniklaassevriend ·

Stem saam. Dis eerder ‘n plandemie of ‘n scamdemic.

Theo ·

Verlede jaar se heros hierdie jaar se villains… snaaks hoe dieselfde mense wat die gesonheidwerkers geprys het vir hulle werk tydens die pandemie dieselfde mense is wat die nou dreig om hulle werk weg te vat as hulle nie voldoen aan hulle vereistes nie… Die klomp draadsitters en skape wat so comply met alles van wat die regering sê is die werklile pandemie…

Geregtigheid ·

The 10 elements of the code are:

Voluntary consent is essential
The results of any experiment must be for the greater good of society
Human experiments should be based on previous animal experimentation
Experiments should be conducted by avoiding physical/mental suffering and injury
No experiments should be conducted if it is believed to cause death/disability
The risks should never exceed the benefits
Adequate facilities should be used to protect subjects
Experiments should be conducted only by qualified scientists
Subjects should be able to end their participation at any time
The scientist in charge must be prepared to terminate the experiment when injury, disability, or death is likely to occur

KB ·

Ja, daar begin die ou eiland-landjie nog ‘n foefie…en hulle het skaars 4miljoen inwoners…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.