
Die ‘The Simpsons’-karakters Homer Simpson en Apu Nahasapeemapetilon. (Foto: IMDb)
Die vervaardigers van die gewilde animasiereeks The Simpsons het Vrydag aangekondig dat wit akteurs voortaan nie gebruik sal word om karakters van ander rasse te vertolk nie.
Les Eisner, woordvoerder vir Fox Studios, het die nuus in ʼn verklaring bevestig.
Dié besluit raak onder meer die karakter van ʼn Indiese groentehandelaar, Apu Nahasapeemapetilon, wat sedert 1989 deur die wit Amerikaanse akteur Hank Azaria vertolk word.
Die rassestereotipes wat die karakter uitbeeld, word lank reeds as problematies beskou. Azaria het reeds in Januarie aangekondig dat hy, in ooreenstemming met die vervaardigers, dié rol gaan verlaat.
Dr. Hibbert, ʼn swart karakter wat vertolk word deur die wit akteur Harry Shearer, sal ook deur die besluit geraak word.
Shearer vertolk ook die rolle van onder meer Homer Simpson se baas, Mr. Burns, tot sy buurman Ned Flanders.
Die aankondiging deur The Simpsons volg nadat Mike Henry, die wit akteur wat die rol van die gewilde swart karakter Cleveland Brown in Family Guy vertolk, op Twitter aangekondig het dat hy die rol verlaat.
“Dit was ʼn eer om vir 20 jaar Cleveland in Family Guy te speel. Ek is lief vir die karakter, maar bruin of swart akteurs behoort bruin of swart karakters te vertolk. Daarom gaan ek uit die rol tree,” het Henry geskryf.

The Simpsons. (Foto: IMDb)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Gelukkig kyk ek nie tv nie. Het nie een nie . Net n radio so pla my min wat op DSTV aan gaan soos iemand gese het druk net die af knoppie of skaakel oor na radio kannaale baie om te kies . Kry my nuus op Maroela media is goed genoeg en meer volleedig (:-))
OMW, belaglik, maar miskien sal die regstelling na alle rigtings gemaak word, kan nie die “pettiness” van die nuwe wereld orde verstaan nie,.
Né…
Gelukkig het hierdie Simpsons wat so teen God laster my nog nooit gepla nie.
Ek onthou hoe ontsteld ‘n kollega een oggend was oor iets wat Bart Simpson kwyt geraak het.
Ek gaan nie hier sê wat die jonge Bart Simpson gesê het nie, want julle sal die kommentaar verwyder, want dit was laster en haatspraak teen God.
Tog mag die Simpsons steeds op die TV wees.
En mense vlug uit SA uit maar orals gaan dit dieselfde
So…….
Wie gaan die rol van Mufasa in die Lion King vertolk?