Geestesongesteldheid, terreur ondersoek ná Noorweë-moorde

Espen Andersen Brathen, (Foto: AFP)

Die verdagte wat na bewering verantwoordelik was vir die dood van vyf mense tydens ʼn pyl-en-boog-aanval in Noorweë, is waarskynlik geestesongesteld en is vir sielkundige waarneming gestuur.

Espen Andersen Brathen, ʼn 37-jarige Deense burger wat hom glo tot Islam bekeer het, het tydens polisie-ondervraging erken dat hy die dade gepleeg het, hoewel hy nie skuld beken het nie.

Volgens die polisie het Brathen se geestesongesteldheid moontlik tot die aanval aanleiding gegee. Ander motiewe word egter ook steeds ondersoek.

Die sielkundige waarneming, wat etlike maande kan neem, is nodig om vas te stel of Brathen wettiglik verantwoordelik gehou kan word vir sy dade.

“Dit lyk ongetwyfeld asof dit ʼn terreurdaad kon wees, maar dit is belangrik dat die ondersoek voortgaan en dat ons die verdagte se motief vasstel,” het Hans Sverre Sjovold, hoof van Noorweë se intelligensiediens, gesê.

Vier vroue en ʼn man is in Woensdag se aanval, wat op verskillende plekke in die Kongsberg-middedorp plaasgevind het, dood. ʼn Man, gewapen met ʼn pyl en boog, het hulle doodgeskiet voor hy in hegtenis geneem is. Daar is nog twee wapens in sy besit gevind. Dit het die polisie glo langer as 30 minute geneem om Brathen in hegtenis te neem.

Volgens berigte is Brathen bekend aan die Noorweegse intelligensiediens (PST). Volgens plaaslike media het die PST in 2018 gewaarsku dat hy ʼn “kleinskaalse aanval” kan uitvoer.

Polisielede op een van die tonele in Kongsberg waar ‘n man gewapen met ‘n pyl-en-boog vyf mense doodgeskiet het. (Foto: Torstein Bøe/NTB/AFP)

Daar is ʼn beskermingsbevel teen Brathen uitgereik nadat hy glo gedreig het om sy pa te vermoor. Hy  is ook al voorheen skuldig bevind aan huisbraak en die aankoop van dwelms.

Plaaslike media het intussen ʼn video in die hande gekry wat Brathen glo in 2017 op sosiale media geplaas het, waarin hy ʼn “waarskuwing” uitgereik en sy Moslem-geloof verklaar het.

Die oorledenes is geïdentifiseer as Andrea Meyer (52), Hanne Merethe Englund (56), Liv Berit Borge (75), Gunnar Erling Sauve (75) en Gun Marith Madsen (78).

Die drie beseerdes, wat nie geïdentifiseer is nie, is almal reeds uit die hospitaal ontslaan.

Dit is een van die ergste noodlottige voorvalle in Noorweë sedert Anders Behring Breivik in 2011 altesaam 77 mense vermoor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Om mal verklaar te word kan jou uit die tronk hou? O’wee,hierkom ń ding…..

Martie Smartie ·

Wys jou, intelligensiedienste is maar power oral oor, nie net in SA nie. Hulle eweknieë is netso onbevoeg soos hier. Ek hoop daardie families sleep hulle regering hof toe wat niks gedoen het om daardie man te monitor of te verwyder uit die samelewing nie.

Danie ·

So mal soos n haas.
Wat ons al meer lees is dat indien jy jou bekeer het tot islam moet jy begin mense vermoor.
Walglik

annie ·

Europa lewe steeds in ‘n droomwêreld tov Islam en weier om inligting te aanvaar wat aandui dat diegene met sulke radikale idees nie van hul ideologie afsien sodra hul oor ‘n grensdraad stap of gedra word nie. Eie landsburgers wat hul sienswyses wysig, is eens so gevaarlik want hulle moet veral aan hulself bewys dat hul nou ‘nuwe’ mense is. Om diesulkes tot geestelike versteurdes te verklaar is die uiterste vorm van ontkenning van die erge bedreiging.

Jack ·

Nog ‘n dapper jihadis. Vermoor 5 ou mense op wreedaardige wyse om sy afgod se guns te wen en sy plek in die Moslem hemel te verseker. Die Moslems glo jy moet jou saligheid verdien deur ongelowiges tot die islam te “bekeer”, met geweld indien nodig. Die wat weier moet om die lewe gebring word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.