Geheimsinnige Marsklip boul wetenskaplikes

MarsklipTwaalf Marsdae gelede was dit nie daar nie, maar skielik wys foto’s op Mars die teenwoordigheid van ‘n vreemde klip op ‘n plek waar daar met die vorige foto-sessie nog niks was nie.

Terwyl die wetenskaplikes nog kopkrap oor waar die klip, wat lyk of dit jellie in die middel het, vandaan kom, word die eerste uitslae oor die samestelling daarvan ontvang – wat ook die wetenskaplike dronkslaan. Die ontdekking is nie deur die Curiosity-tuig gemaak nie, maar deur Opportunity wat al tien jaar lank op die rooi planeet rondkruie. Die nuus oor die vreemde klip is juis bekend gemaak tydens ‘n geleentheid ter herdenking van Opportunity en sy maatjie, Spirit, se aankoms op Mars tien jaar gelde.

Die “jellie” in die klip bevat baie swael, en bevat ook twee keer soveel magnesium as enigiets wat tot dusver op Mars gevind is.

Die mees waarskynlike verklaring oor waar die klip vandaan kom is dat dit dalk deur een van Opportunity se wiele opgeskiet kon gewees het toe die tuig onlangs “’n meter of twee” van die plek verbygery het. ‘n Ander moontlikheid is dat dit uit die ruimte kon geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.