Geingob vier voortydig oorwinning

Namibiese pres. Hage Geingob kort voordat hy sy kruisie in Windhoek getrek het. (Foto: Brandon van Wyk/AP)

Pres. Hage Geingob van Namibië het kiesers reeds begin bedank met sowat 85% van die stemme wat teen Saterdagmiddag getel was.

Volgens die land se verkiesingskommissie lei Geingob met 57% van die stemme, terwyl dr. Panduleni Itula 28% van die stemme het. Itula staan as ʼn onafhanklike kandidaat in die verkiesing en het steeds lidmaatskap van die regerende party.

Die jongste uitslae dui op ʼn skerp afname in steun vir Geingob wat in die vorige verkiesing in 2014 87% van die stemme op hom gevestig het.

“Ek wil graag Namibiërs bedank dat hulle my tot president herverkies het,” het Geingob op sosiale media gesê.

Die regerende Swapo-party lei met 66% van die stemme in die nasionale vergadering.

Stembusse in Namibië het Woensdag vroegoggend geopen in wat waarskynlik as een van die regerende party se taaiste uitdagings sedert onafhanklikheidswording drie dekades gelede bestempel is.

Die land se nagenoeg 1,3 miljoen stemgeregtigde kiesers het gestem vir ʼn president en lede van die nasionale vergadering.

Swapo is onlangs geruk deur ʼn korrupsieskandaal en die immer verslegtende ekonomie. Meer as 700 000 van die land se nagenoeg 2,5 miljoen inwoners het boonop geregistreer vir noodverligting weens ʼn voortslepende droogte in die streek.

Die regerende party het vroeër vandeesmaand die wind van voor gekry toe twee ministers bedank het nadat Ysland se grootste seekosmaatskappy, Samherji, daarvan beskuldig is dat hy omkoopgeld aan plaaslike politici betaal het vir toegang tot Namibië se viskwotas.

Tesame met die mynbedryf is visserye ʼn belangrike ekonomiese hulpbron vir die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jimmy ·

Geingob lyk ongelukkig. Indien hy tandpyn het kan dr Itula hom behandel. Intussen gaan hul landjie ook maar agteruit.

JO ·

Verkiesing se dinges man! Namibia word geruk deur korrupsie skandale, ‘n verslegtende ekonomie en voortslepende droogte soos genoem in die nuus berig.

Maar SWAPO is nogsteeds aan bewind na 30 jaar!?

Almal behoort te weet al by die tyd dat geen suiderlike Afrika land’ n demokrasie is nie, maar ‘n defacto een party staat wat die Status quo behou.

“You can fool all the people some of the time and some of the people all the time, but you cannot fool all the people all the time” – Abraham Lincoln

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.