Gekloonde kamele in groot aanvraag vir skoonheidskompetisies

Gekloonde kameelkalfies in ʼn hok by die voorplantingsbiotegnologie-sentrum (4 Junie 2021) (Foto: Karim Sahib/AFP)

Gekloonde kamele is in groot aanvraag in die mededingende wêreld van kameel-skoonheidskompetisies. Wetenskaplikes in Doebai werk onverpoosd om deurslagkopieë van die diere te maak.

Nie elke kameel is geseën met die gesogte hanglippe of ʼn lang elegante nek nie, maar tegnologie stel welgestelde kliënte nou in staat om hul mooiste kameel te vervang met een wat presies ook só lyk.

Wetenskaplikes staar na mikroskope by die voortplantingsbiotegnologie-sentrum terwyl dosyne gekloonde kamele buite rondloop.

“Ons het só groot aanvraag na gekloonde kamele dat ons nie kan bybly nie,” het Nisar Wani, wetenskapsdirekteur by die sentrum, aan AFP gesê.

Skoonheidskompetisies is nie die enigste dryfveer vir die kloningsbedryf nie. Talle kliënte wil resieskamele of diere, wat groot hoeveelhede melk vervaardig, reproduseer.

Skoonheidskoningin-kamele is egter die gewildste bestelling. Kliënte betaal tussen 200 000 en 400 000 dirham (sowat R770 000 – R1,5 miljoen) vir ʼn gekloonde dromedaris.

Die kamele word in die streek op stowwerige resiesbane geparadeer en deur beoordelaars bestudeer. Dit is skandalig wanneer beoordelaars soms op Botox-inspuitings of kosmetiese vullers afkom.

Dr. Nisar Ahmad Wani, wetenskapdirekteur by die voorplantingsbiotegnologie-sentrum (4 Junie 2021) (Foto: Karim Sahib/AFP)

Saud Al-Otaibi, wat ʼn kameelveiling in Kuwait bedryf, sê kliënte se beoordeling van hoe die kamele lyk, is noodsaaklik vir sy onderneming. “Die prys van ʼn kameel word bepaal deur die skoonheid, gesondheid en hoe bekend die ras is,” het hy aan AFP verduidelik. Wanneer dit kom by jong diere, wil kliënte graag sien hoe die ma lyk, om die skoonheid van die dier te bepaal voor hulle hom aanskaf.

Doebai het 12 jaar gelede die wêreld se eerste gekloonde kameel bekendgestel. Injaz, ʼn koei wat se naam ‘prestasie’ in Arabies beteken, is op 8 April 2009 gebore ná meer as vyf jaar se werk deur Wani en ander. Sedert Injaz se geboorte is daar nie meer omdraaikans nie.

“Ons produseer nou tussen 10 en 12 babas elke jaar. Ons het tot dusver vanjaar al 28 dragtige kamele gehad. Ons het verlede jaar 20 gehad,” het Wani trots bygevoeg. Die sentrum lewer resieskampioene, skoonheidskoninginne en diere wat groot hoeveelhede melk kan vervaardig. Van die koeie lewer tot 35 liter melk per dag – in vergelyking met die gemiddelde vyf liter van normale kamele.

Die verkloning van honde, koeie en perde is gewild in baie lande, maar diereregtegroepe sê die proses veroorsaak onnodige lyding aan die diere wat eierselle moet verskaf en die embrio’s moet dra.

Kameelkoeie kan slegs een kalf elke twee jaar voortbring, insluitend ʼn dragtigheidsperiode van 13 maande. Teelsentrums maak egter van ʼn surrogaat-tegniek gebruik en verhoog dus die getal kalfies – of dit nou deur verkloning of deur tradisionele teling plaasvind.

Gekloonde kamele kan ook geskep word deur DNS van selle uit die gekose dier se eierstokke in die surrogaat-ma’s te plaas. “Hierdie ma’s dra die babas vir die volledige termyn. In plaas van een baba op ʼn keer elke jaar, kan ons nou baie kalfies van die diere produseer.”

Verkloning is ook nie net vir diegene wat elite kamele wil besit nie. Kliënte wil soms net ʼn geliefde dier reproduseer ná ʼn skielike afsterwe.

Wani, wat in 2003 by die kliniek begin werk het, sê sy trotsste oomblik was die geboorte van Injaz. Die slegste was toe sy gevrek het. “Sy is hierdie jaar dood. Ons het die oggend ingekom, en sy het haar uterus geskeur. Ons het alles gedoen om haar lewe te red. Dit was die hartseerste oomblik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Dit is siek. Die mense wat God wil speel vir geld. Hoop julle word eendag dienooreenkomstig gestraf!!

JM ·

Sotlik!! Het niks beter om te doen nie. Hoe siek raak die mensdom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.