Geliefde akteur Bud Spencer oorlede

Bud Spencer en Terence Hill

Bud Spencer en Terence Hill

Die Italiaanse akteur Bud Spencer, wat in talle “Westerns” gespeel het, is Maandag in die ouderdom van 86 oorlede.

“Dit is met groot hartseer dat ons julle moet meedeel dat Bud nou sy volgende avontuur beleef,” het sy familie op Twitter bevestig.

Spencer, gebore Carlo Pedersoli in 1929 in Italië, het in die 1960’s en 1970 in meer as 16 flieks saam met Terence Hill (Mario Girotti) gespeel. “They call me Trinity” is een van die bekendstes.

La Repubblica het berig Spencer is in ʼn hospitaal in Rome oorlede.

Hy het in meer as 20 flieks gespeel, maar het ook professioneel geswem, vlieglesse geneem en selfs in die politiek ʼn draai gemaak. Hy was die eerste Italianer wat binne ʼn minuut 100 meter vryslag kon swem.

Volgens Euro News het Spencer vroeg in sy loopbaan sy naam verander om homself meer bemarkbaar te maak. “Spencer” was in erkenning vir die akteur Spencer Tracy, en “Bud” omdat hy so lief was vir Budweiser-bier.

“Rus in vrede, Bud Spencer… My hart gaan uit na jou familie,” het Hollywood-ster Russell Crowe op sosiale media gesê. Huldeblyke vir Spencer stroom in.

Bud Spencer en Terence Hill in "They call me Trinity"

Bud Spencer en Terence Hill in “They call me Trinity”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hennie ·

MIn mense weet dit maar Bud Spencer was ook ‘n olimpiese swemmer.

Rynhardt ·

Bud Spencer was n akteur wat geleef het vir aksie en goeie komedie! Het meeste van jou films gesien.Niemand kon die boewe onderste bo klap soos jy nie! Vandag sien n mens nie meer daai aksie in Hollywood films nie.Bud jy was puik!

Mooi memories ·

Hy laat mooi memories agter, as kind het ons sooo lekker vir hulle gelag. Rus in vrede Bud Spencer.

Kobus ·

En Terence Hill het die mooiste turkoosblou oë, knak my knieë nou!!!

cobusp ·

Ja die Bud Spencer en Trinity flieks…….lekker ou skop skiet en donder……..die manne het lekker trinity beans uit daai swart panne oor die vuur geeet. Sal die ou bul mis……rest in peace….julle was die beste in die weste

Johan ·

Rus in vrede ou grootte, Ek het al jou dvd’s en ek kyk baie daarna. Mens moet lag en julle het dit goed reg gekry.

Gesiggie ·

So jammer… ek nog laas week een van sy en Trinity se flieks gekyk… die 2 kon baie goeie flieks maak… nie eers besef dat hy al so oud is… wat n Legend”’ Bud Spenser jy laat n leemte , maar jou gees sal vir altyd leef in almal se harte.. jy sal onthou word vir die stunning movies wat jy saam Trinity kon maak… RIP BUD””Trinity sal jou voorwaar baie mis…

Annakapat ·

Bud Spencer en Terence Hill was sinoniem met my oorlede pa – dit was van sy gunstelinge en as ek hulle name hoor, sien ek my pa voor my! Nostalgies…
Rus in vrede.

Carina ·

Ai, wat ‘n groot verlies. R.I.P. Bud. Ek het ook al jou flieks gesien. Op laerskool het ons altyd jou flieks op die laaste dag van die kwartaal gekyk. Die hele skool in die saal, almal lag so hard jy kan amper nie die fliek hoor nie. Soos Kobusp sê, dit was nog die goeie ou dae se cowboy flieks met skop, skiet en d… En ja, Terrence het die mooiste blou oë. Wonder wat van hom geword het.
Ons gaan jou mis ou grote.

Justus Hattingh ·

Ja, Bud en Terrence was my Cowboy Hero’s en Fun Hero’s vir elke dag se genot. Hulle was altyd Tops. Beste Akteurs van hul tyd. Ons / Ek sal hulle bay mis ek hoop net die SAUK bring hulle movies weer terug as ‘n herdenking aan hulle.
Sterkte vir die familie en naaste vriende.

Vlakvark ·

Niemand kon i skurk so hard klap soos Bud Spencer nie!!… hy tol sommer so 365 grade in die ronte!..

Ai!.. Hoe verlang ek nou na my kinner dae! Hulle maak ni meer sulke lekker komedie flieks met helde nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.