Geliefde aktrise sterf

Della Reese. Foto: AP Photo/Mark J. Terrill, File

Die Amerikaanse gospelsanger en aktrise Della Reese is in die ouderdom van 86 oorlede.

Reese, wat bekendheid verwerf het as Tess in die televisiedrama Touched by an Angel, is Sondag by haar huis in Los Angeles dood. Roma Downey, wat saam met Reese in dié TV-reeks te sien was, het in ʼn verklaring gesê Reese is vreedsaam dood. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

Reese was voordat Touched by an Angel in 1994 op televisie begin het meer bekend as ʼn gospelsanger. Touched by Angel het Reese geliefd gemaak onder kykers hoewel die reeks nie dadelik ʼn treffer was nie. Die reeks het egter vinnig gewild geraak en is tot 2003 uitgesaai.

“Deur haar lewe en werk het sy miljoene mense geïnspireer. Sy was soos ʼn ma vir my en ek het die voorreg gehad om vir jare nou saam met haar te werk. Ek weet die hemel het ʼn nuwe engel bygekry,” het Downey gesê.

Reese het in 1979 ʼn brein-aneurisme gehad maar kon ná verskeie operasies met haar loopbaan voortgaan. Sy is ook later met diabetes gediagnoseer.

Reese word oorleef deur haar man en drie kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cathy ·

Wat ‘n voorreg om deur haar ge’touch’ he kon wees. Mag sy sag sus en haar geliefdes vrede ervaar.

Eish ·

Waar kom die idee vandaar dat ons hemel toe gaan met ons afsterwe?
Johannes 3:13, Yeshua sê eie woorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.