Geliefde Batman-akteur sterf

Adam West. Foto: AP Photo/Lennox McLendon.

Die geliefde akteur, Adam West, is in die ouderdom van 88 jaar oorlede.

West was die gesig agter die ikoniese Batman-masker in die TV-reeks, Batman, in die 1960’s.

Die rol van Batman is sedertdien deur onder andere Michael Keaton, Val Kilmer, George Clooney, Christian Bale en Ben Affleck vertolk.

Molly Schoneveld, sy reklameagent, het gesê West is laat Vrydagaand dood ná ʼn “kort maar brawe stryd teen leukemie”.

In April 2012 het West ʼn ster in die Hollywood Walk of Fame ontvang.

Hy word oorleef deur sy vrou, Marcelle, ses kinders, twee kleinkinders en twee agterkleinkinders.

“Ons pa het homself altyd as die Bright Knight beskou en ʼn positiewe invloed op sy aanhangers se lewe probeer hê. Hy is en sal altyd ons held bly,” het sy kinders in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jan van riebeeck ·

Tot vandag toe dink ek sy “batmobile” was die beste , in n tyd toe flieks nog positief en nie so geweldadig was nie , “Good thinking Batman” iets wat moderne flieks nie meer aanspoor nie,
is flieks n spieelbeeld van wat ons samelewing geword het ? of is dit wat ons samelewing versuur het in die eerste plek ?

Reinhardt ·

Natuurlik. Flieks is n tipe kuns, net soos musiek. Dit is n skermskoot van hoe ons samelewing dinge benader tydens daardie spesifieke era.

Melt Olckers ·

Jan van Riebeeck, my pa sou met jou saamgestem het. Hy was mal oor Adam West as Batman. Die Michael Keaton films was vir hom teleurstellend gewees.
Ek self het nog nooit die Adam West reeks gesien nie, en kan slegs kommentaar lewer oor die latere Batman akteurs.
Ek geniet nog die comics van al die eras.
Oor Superman is dit ‘n ander storie. Ek geniet die ou wit en swart reeks waarin George Reeve Superman was. My persoonlike Superman gunstelling is Christopher Reeve, waarmee ek groot geword het.

Fanie ·

Ons groet een van die grottes het as kind hom elke week op tv gekyk lekker oudae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.