Geliefde Grumpy Cat sterf

Die geliefde Grumpy Cat. (Foto via @realgrumpycat/Instagram)

Die geliefde Grumpy Cat. (Foto via @realgrumpycat/Instagram)

Tardar Sauce, die geliefde vierpotige internetsensasie wat onder miljoene internetgebruikers as Grumpy Cat bekend gestaan het, is dood ná komplikasies van ʼn urienweginfeksie.

Grumpy Cat se eienaars het die nuus in ʼn verklaring op dié bekende kat se Instagram-rekening bevestig. Sy is Dinsdag by die huis in die arms van haar eienaar, Tabatha Bundesen, dood.

“Behalwe dat sy ons baba in die huis was en ʼn gekoesterde lid van die familie, het sy ook miljoene mense oor die wêreld heen gehelp glimlag – selfs wanneer tye moeilik was. Haar gees sal voortleef deur haar aanhangers wêreldwyd,” lui die verklaring.

Grumpy Cat het wêreldwye bekendheid verwerf weens die uitdrukking op haar gesig wat dit laat lyk asof sy permanent frons. Bundesen het voorheen gesê die uitdrukking op Tardar Sauce se gesig was as gevolg van katdwergisme (feline dwarfism). Sy het in 2012 die internet stormgeloop nadat foto’s van die iesegrimmige uitdrukking op haar gesig aanlyn begin versprei het.

Die geliefde Grumpy Cat. (Foto via @realgrumpycat/Instagram)

Die geliefde Grumpy Cat. (Foto via @realgrumpycat/Instagram)

Sy was ook in Desember 2017 in die vyfde plek op Instagram se lys van tien troeteldiere wat die meeste op dié sosialemediaplatform gevolg word. Tans het Grumpy Cat meer as 2,4 miljoen volgelinge op Instagram, sowat 1,5 miljoen volgelinge op Twitter en meer as 8,5 miljoen volgelinge op Facebook.

Grumpy Cat het die wêreld platgereis om televisieverskynings te maak en in 2014 het sy selfs in haar eie Kersfeesrolprent gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Katvrou ·

My hart baie seer hieroor….. was mal oor Grumpy Kat – RIP little angel…….

Ida Kriel ·

As n baie groot liefhebber en ondersteun van die hele katspesie en iemand wat my eie katte as kinders sien, is Grumpy se afsterwe baie baie hartseer. Die rustigheid en liefde wat mens van katte kry is ongelooflik. Gaan sag oor die Reenboogbrug liefste Grumpy.

sandra ·

Ek is so dankbaar dat sy in haar eie omgewing tot rus kon kom. ai, dis altyd hartseer om ‘n dierekind te moet groet, daardie onvoorwaardelike liefde, die gemis. Sjoe, ek is somer nou ook tranerig.

Carl ·

Ek is geen puris of taalkundige nie maar `n dier vrek en `n mens sterf.

Nel ·

As ‘n dier so lank en naby jou geleef het dan ‘vrek’ hy nie.

Netso ·

Stem saam! Dink MM se auto- text sisteem weet al 9 uit 10 berig bevat die woorde Sterf, Dood, Vermoor ens. so vrêk gebruik jy nooit nie!

GM ·

Carl, ‘vrek’ is so ‘n lelike woord, ongeag of dit nou taalkundig reg is as dit by diere kom – veral as dit by huisdiere kom wat soos ‘n mens se kind word. Ek sal eerder die woord gebruik as ek van ‘n moordenaar/pedofiel/verkragter praat wat dood is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.