Geliefde ‘Mini Me’-akteur sterf

Verne Troyer. Foto: Facebook.

Verne Troyer, die akteur wat die beste bekend was vir sy rol as “Mini Me” in die Austin Powers-flieks is Saterdag in die ouderdom van 49 jaar in Los Angeles oorlede.

Troyer het ook die rol van Griphook in Harry Potter and the Philosopher’s Stone gespeel.

CNN berig hy is vroeër vandeesmaand in die hospitaal opgeneem ná nooddienste in Los Angeles hulle na sy huis gehaas het.

Reuters berig dié akteur, wat 81 cm lank was, is Saterdag in ʼn hospitaal in Los Angeles oorlede.

ʼn Verklaring wat Saterdagaand op sy amptelike Facebook-blad gelaai is, lui: Selfs al was hy klein van postuur en het sy ouers dikwels gewonder of hy deure vir homself sal kan oopmaak, het hy aangegaan en meer deure vir homself en ander oopgemaak as wat enigiemand ooit sou kon dink. “Hy het ook meer mense se harte aangeraak as wat hy ooit sou kon droom.”

Geen oorsaak van sy dood is onmiddellik verskaf nie.

Die verklaring lui wel dat Troyer ʼn vegter was wanneer dit by sy eie persoonlike gevegte gekom het. “Oor die jare het hy gesukkel en gewen, gesukkel en gewen en toe nóg geveg, maar ongelukkig was dié keer te veel. Depressie en selfmoord is baie ernstige kwessies; jy weet nooit watter soort geveg in iemand se binneste woed nie. Wees sag met mekaar en weet dat dit nooit te laat is om uit te reik na iemand vir hulp nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leser ·

wat ‘n jammerte om so ‘n bekende “klein” groot akteur te verloor, sterkte aan sy familie

Oom Kalahari ·

Verne het my kleinkinders heelwat vermaak met sy optredes as akteur en glo hy het heelwat harte aangeraak. ‘N klein dwergie met ‘n baie groot hart. RIV Verne en jou nalatenskap en vermaaklikheids vertoninge sal nog vir lank en op baie se lippe wees in jou afwesigheid. Alle Sterkte en Simpatie aan al jou families, vriende, kollegas en mede akteurs en aktrises.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.