Geliefde rocker sterf

Malcolm Young in 2010 (Foto: Wikipedia)

Malcolm Young, medestigter en kitaarspeler vir die Australiese rockgroep AC/DC, is Saterdag in die ouderdom van 64 dood.

Young het ʼn jare lange stryd teen demensie geveg.

Volgens ʼn verklaring van sy familie is hy vreedsaam oorlede met sy familie teenwoordig.

“Hy het van die begin af geweet wat hy wou bereik – en tesame met sy jonger broer Angus [wat ook lid van die groep is] het hulle alles gegee op internasionale verhoë. Niks minder sou goed genoeg gewees het vir hul aanhangers nie,” lui die verklaring.

AC/DC is in 1973 gestig deur Malcolm en Angus. Die groep het 17 ateljee-albums vrygestel.

Young se ouer broer, George, wat van die groep se albums vervaardig het, is in Oktober vanjaar in die ouderdom van 70 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

CE ·

RIP Malcolm al julle hits was great!!!! In die 80’s mag ons nie eers julle musiek gespeel het nie…..

Han ·

@Lulu, Anna is reg! Nie: “Ai Anna” nie. Wat sy sê is waar!

Johleine ·

Ek sal nou nie die man en sy groep juis “geliefd” noem nie…

Liezille ·

Toe my male jonk was was hulle geliefd! Dis omdat mense hulle musiek bestempel het as satanisties dat niemand daarna geluister het nie. Ek persoonlik is n baie groot fan van AC DC en eks 27

Richard ·

Net omdat jy hatig is, beteken nie almal is nie, Johleine.

As ek Ronnie James Dio van Black Sabbath se vrou se woorde oor die protes deur die hatige Westboro Baptist Church by sy begrafnis kan aanhaal: “Ronnie hated prejudice and violence. We need to turn the other cheek to these people who only know how to hate someone they didn’t know. We know how to love someone we did know.”

Marius ·

Living easy, living free
Season ticket on a one-way ride
Asking nothing, leave me be
Taking everything in my stride
Don’t need reason, don’t need rhyme
Ain’t nothing I would rather do
Going down, party time
My friends are gonna be there too

I’m on the highway to hell
On the highway to hell
Highway to hell
I’m on the highway to hell

No stop signs, speed limit
Nobody’s gonna slow me down
Like a wheel, gonna spin it
Nobody’s gonna mess me around
Hey Satan, paid my dues
Playing in a rocking band
Hey mama, look at me
I’m on my way to the promised land, whoo!

I’m on the highway to hell

Valerie ·

Net soos Led Zep en The Eagles en Fleetwood Mac was die klomp ten minste eerlik oor waar hulle hulp en inspirasie vandaan gekom het. Dis al wat ek oor die klomp te sê het.

Johan ·

Een van die beste rock groepe nog ooit. Thunderstruck, awesome liedjie. Rus in Vrede!!

CE ·

Vyf Johan! Onthou “You shook me all night long” …. vandag se rock is erger maar ek bly n fan

Kilian le Grange ·

N musiekant van groot waarde. Nooit sal dit dieselfde wees sonder jou nie. N legende in sy era. Met alle respek Malcolm… mense soos jy….n voorbeeld was vir ons almal. Vir nog baie jare sal ons nog luister na julle. U where the best. Sterkte.RIP.

wilma ·

Promised land… hel?… alles behalwe sonskyn en rose… sterkte vir jou!

Lionel S ·

ACDC was die beste band ooit. Ongelukkig kon ons hulle nooit in SA sien nie.Ons moet die nonsens vergeet wat Rodney Seale in die 70’s en 80’s oor hulle geskryf het.

RIP. Mag ACDC sonder jou kan aangaan.

fm ·

Rus in Vrede. Julle musiek was great en is nog steeds selfs in 2017 na al die donkiejare wat reeds verby is. In die 1980’s was hulle musiek baie gewild in die dansklubs van Pretoria, veral Thunderstruck.

Sarel seemonster ·

Bly dan eerder stil. Hulle musiek is 100 keer beter as die snert wat vandag oor die radio speel. Elke twede een maak mos ‘n CD vandag en alles klink dieselfde.

Renier ·

Het nou na n musiek video gekyk van ACDC waar Axel Rose van Guns n Roses Thunderstruck sing. Glad nie goed nie. Chris Slade, Angus en die res van die oorspronklike groep tree nog saam op. Sedert Brian Johnson nie meer optree saam met ACDC nie het hulle Axel genader om hulle hoofsanger te wees.
Persoonlik voel ek Axel moet maar eeder by Guns n Roses bly en dat ACDC weer saam met Brian Johnson optree.
RIP Malcom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.