Gemengde gevoelens oor McDonalds se nuwe gelukbringer

McDonalds stel Happy bekend

McDonalds stel Happy bekend

McDonalds in Amerika het Maandag ʼn nuwe jogurt-opsie en ʼn ambassadeur vir dié kitskosrestaurant bekend gestel.

Die nuwe karaktertjie, “Happy”, is glo die ambassadeur vir gebalanseerde en gesonde etes en sal kinders aanmoedig om meer vrugte, groente en laevet-jogurt te eet en water of sap te drink.

Die karaktertjie is egter nie met dieselfde entoesiasme op Twitter ontvang nie.

Die gebruiker @samkamani skryf: “Om vetsug in kinders te bestry het McDonalds ʼn nuwe karakter bekend gestel om hulle mee skrik te maak.”

Kelly Koopmans (@KellyKOMO4): “Is dit net ek of is hierdie nuwe @McDonalds-karakter bietjie grillerig?”

Mark Campbell (@MrWordsWorth): “Happy Meal-gelukbringer in hegtenis geneem ná hy drie kinders eet”

Julie Fisk (@KVILJulieFisk): “Hulle het dit ook bene gegee sodat hy jou kan jaag! McDonald’s se nuwe vreesaanjaende Happy Meal-gelukbringer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.