Walt Disney Studios het die afgelope week aangekondig dat hy saam met regisseur Jon Favreau gaan saamspan om ʼn nuwe weergawe van The Lion King-fliek te maak.
“Ons kan amptelik bevestig dat Walt Disney Studios en Jon Favreau werk aan ʼn nuwe weergawe van The Lion King,” het die maatskappy in ʼn persverklaring gesê. “Die projek volg ná die tegnologiese deurbraak van die treffer, The Jungle Book, waarvan Favreau die regisseur was. Dié fliek is in April vrygestel en het wêreldwyd $965,8 miljoen verdien.”
Die nuwe Lion King sal musiek van die oorspronklike fliek insluit.
Volgens Disney is The Lion King (1994) een van die grootste animasieflieks ooit en het wêreldwyd meer as $968,8 miljoen by die loket verdien.
Die fliek het Oscar-toekennings ontvang vir die oorspronklike lied, “Can You Feel The Love Tonight” (Elton John, Tim Rice) en oorspronklike klankbaan (Hans Zimmer), asook twee Grammy-toekennings. Meer as 14 miljoen eksemplare van die klankbaan is verkoop.
Nie almal is egter opgewonde oor ʼn nuwe weergawe van dié fliek, wat deur sommige aanhangers as “die perfekte fliek” beskryf word nie.
Gebruikers op sosiale media het hul ontevredenheid oor die nuus uitgespreek.
Fanny-Wan Kenobi (@FannyWanKenobi) skryf: “Ek is onseker oor #TheLionKing-projek. The Lion King is die een ding waaraan daar nie geraak moet word nie. Dis perfek net soos dit is.”
NUFF$AID (@nuffsaidNY) skryf: “Disney beter nie hierdie nuwe weergawe van The Lion King opmors nie. My kinderlewe hang in die balans. #TheLionKing”
Mike T (@majtague) skryf: “The Lion King is so naby soos dit kom aan ʼn perfekte fliek. Ek probeer om positief te wees oor die nuus van ʼn nuwe aksie-weergawe.”
Dashie (@DMDash71) skryf: ʼn Nuwe weergawe van Lion King?? Nee. Net… NEE. #TheLionKing”
Excited for my next project ????????
— Jon Favreau (@Jon_Favreau) September 28, 2016
Not too sure about #TheLionKing movie project. The Lion King is just the one thing which shouldn't be touched. It's perfect as it is.
— Fanny-Wan Kenobi (@FannyWanKenobi) September 28, 2016
Disney better not mess up this reboot of The Lion King. My childhood hangs in the balance. #TheLionKing ????
— NUFF (@nuffsaidny) September 28, 2016
The Lion King is as close as it gets to a perfect movie. Trying to be positive about news of a live-action remake… pic.twitter.com/TklruJRRI0
— Mike T (@majtague) September 28, 2016
A Lion King remake??
No. Just…NO. #TheLionKing pic.twitter.com/VipOpOit3W
— Dashie (@DMDash71) September 28, 2016
#TheLionKing is being remade as a live action movie https://t.co/p7COziXvTF pic.twitter.com/7KcqdptHjP
— MTV UK (@MTVUK) September 28, 2016
First scene for live-action #TheLionKing released!! pic.twitter.com/YUtSroydSC
— AmyAwes0me (@AmyAwes0me) September 28, 2016
Ja-nee, Afrika word op alle maniers uitgesuig van minerale tot renosterhoring tot die maak van films oor ons diere.
Herrinner hulle tog asseblief om nie aan die kleur van die Afrika leeu te verander nie.
Soos om die leeu se oe blou te maak. Ek dink net witleeus het ‘n baie ligte kleur blou oe