Gemengde reaksie op Michiganverbod op “regstellende” optrede

Betogers teen die uitspraak buite die hof.

Betogers teen die uitspraak buite die hof.

Die Amerikaanse hoogste hof se beslissing dat die verbod op rasgebaseerde begunstiging, bekend as “affirmative action” in Michigan geldig bly, het gemengde reaksie ontlok.

Die rasbegabeerde begunstiging is aanvanklik ingevoer om die speelveld vir minderhede gelyk te maak.

“Kiesers moet ‘n sê kan hê of hulle dubbele rassestandaarde by universiteite wil hê,” het Abigail and Stephen Thernstrom, voorstanders vir die afskaffing hiervan, in ʼn verklaring gesê.

Hoewel die kritiek op die uitspraak hoofsaaklik uit swart geledere kom, het Horace Cooper, die mede-voorsitter van Project 21, ‘n konserwatiewe swart vereniging, gesê die uitspraak het hulle nou nader gebring aan die beginsel van kleurblindheid wat Martin Luther King gepropageer het.

Oor die algemeen is die gevoel dat die beslissing die gelyke behandeling van mense sal bevorder.

Die uitspraak is deur Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit verwelkom. Solidariteit het Woensdag ‘n petisie met meer as 50 000 handtekeninge teen kwotas in sport aan die minister van sport oorhandig.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.