George Bush sterf op 94

Oudpres. George Bush, 12 Junie 1924 – 30 November 2018.

George Bush, die VSA se 41ste president en die pa van die 43ste president, George W. Bush, is Vrydag in die ouderdom van 94 jaar dood, minder as agt maande ná die dood van Barbara Bush, met wie hy 73 jaar lank getroud was.

Bush het ʼn vorm van Parkinson se siekte gehad wat hom die afgelope jare gedwing het om ʼn rolstoel of elektriese bromponie te gebruik, berig die New York Times. In die jongste tyd was hy pal in die hospitaal terwyl sy gesondheid versleg het.

In April, die dag nadat hy sy vrou se begrafnis bygewoon het, is hy vir ʼn ontsteking behandel. In 2013 was hy so siek aan brongitis dat sy seun idees ingewin het vir sy begrafnisrede.

Bush het in 1989 president geword nadat hy as adjunkpresident onder Ronald Reagan gedien het. Een van sy groot prestasies was die rol wat hy gespeel het in die vereniging van Oos- en Wes-Duitsland in 1990, berig Deutsche Welle. Hy het net een termyn gedien, maar sy seun twee, van 2001 tot 2009.

Ekonomiese faktore het hom in 1992 die presidentsverkiesing teen Bill Clinton laat verloor.

In Desember 1989 het Bush militêre mag gebruik om Panama binne te val en die dwelmbaas Manuel Noriega in hegtenis te neem. Die jaar daarna, nadat Irak vir Koeweit binnegeval het, het Bush ʼn VN-koalisie bymekaargekry onder die VSA se leierskap. Toe Saddam Hoesein weier om te ontrek, het die Golfoorlog, ook bekend as Operasie Desert Storm, in Januarie 1991 uitgebreek.

Maar ekonomiese faktore het hom in 1992 die presidentsverkiesing teen Bill Clinton laat verloor ná ʼn styging in die brandstofprys, bo-belasting vir superrykes en belasting op weelde-items, ondanks ʼn verkiesingsbelofte van “geen nuwe belastings nie”.

Nadat hy verslaan is, het Bush hom aan die politiek onttrek en saam met Barbara in Houston, Texas, gaan woon waar hy die res van sy lewe deurgebring het. Selfs nog in sy aftrede het hy talle eerbewyse ontvang. In 2008 het hy die Henry Kissinger-prys in Berlyn ontvang vir sy bydrae tot Trans-Atlantiese betrekkinge. En in 2011 het oudpres. Barack Obama hom met die Presidentsmedalje van Vryheid vereer, Amerika se hoogste burgerlike eerbewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bart van der Merwe ·

Org en Jj…onder watter klip was julle vir die laaste 25 jaar en wat rook julle…julle het geen idee nie…

jaco ·

1 miljoen Christene weggejaag uit Irak na dié Bush se oorlog teen Irak in 1991. voor 1991 het Saddam Hussein dié 1 miljoen Christene goed behandel. 1 was selfs sy minister van buitelandse sake. maar toe gryp Bush in…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.