George Clooney (55) gaan pa word

George en Amal Clooney (Foto: E! Online/Facebook)

George en Amal Clooney (Foto: E! Online/Facebook)

Die Amerikaanse akteur George Clooney (55) en sy vrou, Amal (39), gaan ouers word.

Volgens die tydskrif People verwag die glanspaartjie ʼn tweeling en het hulle dié nuus vandeesweek stilletjies aan familie oorgedra.

George en Amal, ʼn menseregte-prokureur, is in September 2014 in Venesië in Italië getroud.

ʼn Bron na aan die familie het aan People vertel die egpaar gaan voortaan nog meer moeite doen om meer tyd saam deur te bring.

“Albei van hulle het ongelooflik besige skedules, maar hulle was nog nooit lank weg van mekaar nie. Met Amal se swangerskap gaan hulle selfs meer moeite doen om saam te wees in hul huise in Italië, Los Angeles en Engeland.”

Die akteur, wat in 2006 vir die tweede keer as die sexyste man ter wêreld gekroon is, het voorheen vertel sy verhouding met Amal het sy lewe “totaal omgekeer”. “Sy het die manier verander wat ek oor die toekoms dink, en wat die toekoms gaan wees. Ek was nog altyd optimisties oor die lewe, maar nou is ek selfs meer – ook oor my persoonlike lewe.”

George is grootliks bekend vir sy rolle in Ocean’s Eleven, The American en Gravity.

Amal het onder meer groot sake soos dié van Julian Assange, die stigter van WikiLeaks, hanteer.

Volgens berigte moet die tweeling glo in Junie hul opwagting maak.

Bron: People

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Die tweetjies gaan beeldskoon wees! Hoop dis ‘n seun en ‘n dogter.

Esna ·

Volgens Dailymail, is dit ‘n dogtertjie en seuntjie. Weet nie hoe waar is dit nie, sal maar moet wag en sien. ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.