George Floyd: Borgtog van R16 miljoen vir oudpolisieman

Derek Chauvin, ‘n voormalige polisielid, word aangekla van die moord op George Floud. (Foto: (Hennepin County Sheriff via AP)

ʼn Voormalige polisiebeampte van Minneapolis wat aangekla word van die moord op George Floyd, het Woensdag sy borgtog betaal en is vrygelaat – ʼn stap wat tot die aktivering van die nasionale wag gelei het ingeval betogings dalk uitbreek.

Luidens hofdokumente het Derek Chauvin die borgtog van $1 miljoen betaal en is hy uit aanhouding by Oak Park Heights vrygelaat.

Floyd is op 25 Mei dood nadat Chauvin sy knie etlike minute op Floyd se keel gehou het, terwyl dié gesê het hy kry nie asem nie. Die voorval is opgeneem en het tot wêreldwye betogings gelei.

Chauvin en drie ander beamptes is intussen afgedank. Hy word van moord aangekla.

Goew. Tim Walz het die nasionale wag ontplooi ná die nuus oor Chauvin se vrylating. Honderde mense het Woensdagaand die strate ingevaar, paaie versper en slagspreuke geskreeu.

Regsverteenwoordigers vir die Floyd-familie het gesê Chauvin se vrylating is ʼn pynlike herinnering dat geregtigheid nog nie geskied het nie.

“Die stelsel dat behoorlike prosesse gevolg word, het vir Chauvin gewerk en aan hom sy vryheid besorg terwyl hy verhoorafwagtend is. George Floyd is hierdie behoorlike proses ontneem en sy lewe is beëindig oor ʼn $20-noot. Daar was geen aanklag nie, geen inhegtenisneming, verhoor of borgtog nie. Net die doodstraf,” het die regspan in ʼn verklaring gesê.

Dit was nie duidelik waar Chauvin die geld vir borgtog gekry het nie. Voorwaardes verbonde aan sy vrylating sluit in dat hy alle hofverskynings moet bywoon, geen kontak met enige van Floyd se familielede mag hê nie, nie vir ʼn wetstoepassingsowerheid mag werk of veiligheidswerk doen nie, asook nie vuurwapens of ammunisie mag besit nie.

Chauvin se vrou, Kelly, het kort ná die voorval van hom geskei. Albei is vroeër vanjaar van belastingontduiking beskuldig nadat hulle nie al hul inkomste verklaar het nie. Die egpaar se huis is in Augustus verkoop. Chauvin mag ingevolge sy borgtogvoorwaardes nie die staat verlaat nie, maar dit is onseker waar hy nou gaan woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieter ·

Watter klug. Hy was n skelm en vol drugs. Die mediese uitslag wat hulle van praat wys dat hy nie dood is van n knieg nie. Die is weereens n bewys hoe standaarde is tussen die rasse.

Magda ·

Almal het baie te sê oor die polisieman, wat sy werk gedoen het. Snaaks weet die spul wat Floyd so verdedig wie Floyd was????? Was hy dalk onder andere betrokke by bv. dwelms, wat duisende kinders laat ly omdat of hulle dit self gebruik of omdat hul ouers dit gebruik? God slaap nie. So ‘n polisieman behoort ‘n medalje te kry. Wens ek kon hom help.

Mariana ·

Ja dis hoe wêreld is. Kriminele is in beheer. Ons sien dit elke dag in SA ook. Hy sal nou altyd skuldig wees ongeag die nadoodse ondersoek se verslag.

Andre ·

Wie was die man wat op sterwe was van ‘n oordosis dwelms? Dit klink so bekend.

Pieter ·

Waar kry hy die geld vir $1 Miljoen se borg?

Dit is duidelik dat hier meer agter sit. George Floyd se dood is aangegryp deur BLM, as hulle vir die gebeure gewag het. Lyk meer hierdie ou polisieman is in diens van BLM en Mnr Soros.

George Floyd se misdaadrekord is beduidend.

Johan ·

Dis hoe die wereld gaan lyk vir hardwerkende eerlike mense as BLM hulle sin kry. Dis mal. Nou het die George Floyd drek hierdie familie se lewens verwoes.

Dries ·

R16m? Geen Polisieman het sulke tiepe geld nie. Hier sit groot geld agter albei BLM beweging asook ALM. Wonder wie?

Magda ·

Wat van daai 5 jarige kind wat in die kop geskiet is deur n SWART man (Bure) Is hy al gearresteer / gevonnis, wys sy foto – SWART MAN SKIET 5 JARIGE KIND IN DIE KOP ??????? ALL LIVES MATTER – ALL LIVES MATTER

Dries ·

Jy kan sien dit is n ordentlike polisieman wat net sy werk gedoen het en Amerika gedien het vreesloos

Mallie ·

Dit lyk my om n misdadiger te wees is finansieel meer belowend.

Lynette ·

Floyd wads MEER as net n skelm…hy was n geweldadige misdadiger wat o.a. n swanger vrou met n rewolwer aangehou het in haar eie huis ten einde geld by haar af te dwing. Hy is al op 16-jarige ouderdom in n strafhof SKULDIG BEVIND van ‘carjacking’ waar hy n vrou eseer het en weggejaag het met haar kar. Hy verskyn NA die skuldigbevinding weer in die hof van Judge Judy waar die slagoffer hom dagvaar vir skadevergoeding aan haat kar, want hy het DIE Ook verongeluk. EN DIT OP SESTIEN JARIGE OUDERDOM. Sy pa staan hom by in die hof. Kyk die episode op YouTube deur te search vir JUDGE JUDGE GEORGE FLOYD.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.