George Floyd: Nadoodse ondersoek bekend; Trump maak stem dik

President Donald Trump spreek Maandag die media toe in Washington. (Foto: AP Photo/Patrick Semansky)

’n Amptelike nadoodse ondersoek het bevind dat George Floyd se hart gaan staan het.

Floyd se dood is as moord geklassifiseer. Die 46-jarige is dood nadat ’n polisiebeampte verlede week vir langer as agt minute op sy keel in Minneapolis in die Amerikaanse deelstaat Minnesota gekniel het.

Onrus woed sedertdien in meer as 20 Amerikaanse stede oor Floyd se dood. President Donald Trump oorweeg om die weermag in stede te ontplooi om wet en orde te handhaaf.

Dít nadat betogers in Washington in die VSA Sondagaand ʼn aandklokreël verontagsaam het en geboue, waaronder die historiese St. John’s Episcopal-kerk naby die Withuis, aan die brand gesteek het.

Trump het dié optrede Maandag gedurende ’n mediakonferensie by die Withuis as ’n “skande” bestempel. Dít terwyl die polisie betogers uit ’n nabygeleë park met traangas en rubberkoeëls verjaag het.

President Donald Trump Maandag op pad na die St. John’s Episcopal-kerk naby die Withuis. (Foto: AP Photo/Patrick Semansky)

“Ek stuur duisende en duisende swaar gewapende soldate, militêre personeel en wetstoepassers uit om die oproer, plundering, vandalisme, aanrandings en beskadiging van eiendom stop te sit,” het Trump gesê.

Ongeveer 16 000 van Trump se troepe is reeds ontplooi om die onrus te hanteer.

“As ’n stad of staat weier om die nodige stappe te doen … dan sal ek die Amerikaanse weermag ontplooi en die probleem vinnig vir hulle oplos,” het die president gesê.

Senior demokrate het Trump egter oor dié stellings gekap. Volgens Joe Biden, die presidensiële presidentskandidaat van dié party, gebruik Trump die Amerikaanse weermag “teen die Amerikaanse volk”.

Nadoodse ondersoek

Polisiebeamptes gedurende Sondagaand se onrus in Washington. (Foto: AP Photo/Alex Brandon)

Die nadoodse ondersoek het ook bevind dat Floyd aan ’n hartkwaal gely en onlangs dwelms gebruik het.

Hierdie bevindings is bekend gemaak kort na dié van ’n private ondersoek deur mediese ondersoekers wat deur die Floyd-gesin aangestel is.

Volgens die private ondersoek is bevind dat Floyd weens ’n gebrek aan suurstof gesterf het as gevolg van druk op sy nek en rug. Die verslag het ook bevind dat Floyd vermoor is.

Maroela Media het vroeër berig Derek Chauvin, die polisiebeampte, is Vrydag in hegtenis geneem op aanklagte van moord en strafbare manslag. Chauvin en drie kollegas is kort ná die voorval geskors.

Bronne: BBC, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Human

Don Tantrum Trump se Amerika, wat ‘n chaotiese nagmerrie. As dit nie so tragies is kon dit ‘n sirkus genoem word, nie veel beter as RSA.

Pieter

Kom wys die ANC hoekom het n land n weermag

Michael 1

Dit is hoe n regte leier n probleem uitsorteer ,die polisieman is gearresteer en aangekla die reg moet nou sy gang gaan maar die kriminele optrede moet stop of gestop word .

Hoekom

Man gaan dood aan hart aanval en dwelm misbruik en almal soek rasissme agter dit. Tipies “victim mentality”…

Johan

Hulle is darem ryker as Suid Afrika. Vandag : $1 kos jou R17,25c. Sien Cyril Ramaphosa is gevra om met America te praat oor die saak. Wil nou nie lag nie, maar kan nie hulp om te lag nie! Hulle moet liewers KopDoek stuur om alles in die VSA te verban!