George Floyd: Nog oudpolisiemanne tronk toe

Tou Thao en J. Alexander Kueng. (Foto: Hennepin County-tronk / AFP)

Nog twee voormalige Amerikaanse polisiebeamptes van Minneapolis is Woensdag tronkstraf opgelê vir hul aandeel in George Floyd se dood.

J Alexander Kueng (28) is tot drie jaar tronkstraf gevonnis terwyl sy voormalige kollega Tou Thao (36) drie en ʼn half jaar tronkstraf opgelê is vir Floyd se dood.

Kueng en Thao is twee van vier polisiebeamptes wat in 2020 betrokke was by Floyd se inhegtenisneming in Minneapolis wat eindelik tot sy dood en oproer regoor die VSA gelei het.

Kueng en Thao is in Februarie skuldig bevind aan die skending van Floyd se burgerregte, die toon van “doelbewuste onverskilligheid” jeens sy mediese behoeftes en die versuim om in te gryp om die gebruik van “onredelike geweld” deur ʼn ander polisiebeampte, Derek Chauvin, stop te sit.

Tou Thao, J. Alexander Kueng en hul regsverteenwoordigers tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Kerem Yucel / AFP)

Floyd is dood nadat Chauvin destyds langer as nege minute met sy knie op ʼn geboeide Floyd, wat op die grond gelê het, se nek gedruk het. Floyd se inhegtenisneming het gevolg nadat hy glo ʼn vervalste $20-noot gebruik het om ʼn pakkie sigarette mee te koop.

Chauvin dien tans ’n vonnis van 22 en ʼn half jaar tronkstraf uit vir die moord op Floyd. Hierdie vonnis is in Junie opgelê. Chauvin is intussen ook ’n verdere 21 jaar tronkstraf opgelê ná die skuldigbevinding op afsonderlike federale aanklagte van die skending van Floyd se regte.

Die vierde polisiebeampte, Thomas Lane, is in Februarie skuldig bevind aan die skending van Floyd se burgerregte en is tot twee en ʼn half jaar tronkstraf gevonnis.

“Al vier beamptes wat betrokke was by die tragiese dood van George Floyd is nou in die federale hof skuldig bevind, tronkstraf opgelê en aanspreeklik gehou vir hul misdade,” het Kristen Clarke, assistent-prokureur-generaal, Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Kueng en Thao sal egter in Oktober ook teregstaan op aanklag van manslag vir hul aandeel in Floyd se dood.

Kueng en Lane het destyds gehelp om Floyd in bedwang te hou terwyl Thao omstanders weggehou het wat by die beamptes gepleit het om van Floyd af te klim terwyl hy met sy gesig na onder op die grond gelê het en gekla het dat hy nie kan asemhaal nie.

Lees al Maroela Media se vorige berigte oor Floyd se dood en die oproer wat gevolg het hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mallie ·

Ag vader tog. Was dit nou n wit man wat vermoor is dan was die saak lankal afgehandel as daar ooit een sou wees. Bou n brug en kom daar oor.

Shakespeare ·

George Floyd was n gewoonte misdadiger en krimineel. In die laaste dae sal dit wat reg is verkeerd wees en dit wat verkeerd is sal reg wees. Kriminele, moordenaars, verkragters korruptes word beskerm.

Nici ·

Wat ‘n onregverdige saak! George Floyd, gewoontemisdadiger wat sowat 9 keer in en uit die tronk was word ‘n hero en die video van hom wat nie kan asemhaal nie was so misleidend. Maande nadat die halwe video op youtube verskyn het, het die helevideo verskyn. Die man het arrestasie teegesit, hy was hoog op dwelms en hyt self gevra om te gaan le en het voor hy gele het gekla dat hy sukkel om asem te haal met sy lyf vol dwelms. Dasr was getuienisvan ‘n pataloog wat gese het dat sy dood nie as moord bepaal kan word nie.

Maritza ·

Die polisie het verkeerd opgetree maar nie oor sy kleur nie. Pas die BLM gemeenskap net om daai perd holrug te ry

Andre ·

Kyk maar net wie beheer die Vsa, dan verstaan mens die plan.

gatgogga ·

“Floyd se inhegtenisneming het gevolg nadat hy glo ʼn vervalste $20-noot gebruik het om ʼn pakkie sigarette mee te koop.” Ja, swaer.
Ons hier in SA het nie nodig om ‘n ikoon van George Floyd te maak nie – ons het mos ons eie Zuma.

Maritza ·

En dit was die begin van die einde in alle lande. Het net verdere bejammerings betogings veroorsaak. Van daardie dag het die rasse kaart hande uitgeruk.

Harley Davidson ·

Belaglik as ek n polisie beampte was kan die gemors soos Floyd maak net wat hulle wil en ek sal slegs opserweer en my salaris aanval met ander werkies.

Schalk ·

Volgens my verloor ‘n krimineel enige voorreg of regte as jy skuldig was of is aan geweld, misdaad deur of met dwelms. In sekere lande is die straf baie vinniger en finaal vir die misdadiger. Ek verstaan die polisie se frustrasie met wette wat hulle harde werk om die kriminele te vang en dan deur die regstelsel weer vrygespreek word te bedwing.

Janice ·

Die feit laat ‘n gewoonte misdadiger die gesig van geregtigheid moes word in een van die grootste moondhede in die wereld is baie kommerwekkend. Die VSA se polisie brutaliteit laat SA sin soos ‘n piekniek lyk.

Esme ·

Dit was die begin van ellende in soveel lewens. Gesinne is uitmekaar geruk en lewens is vernietig en wat ‘n jammerte dat ‘n gewoonte misdadiger se lewe bo die gestel word wat wet en orde probeer handhaaf. Voorwaar die begin van die einde.

Hennie Biebouw ·

Skokkend wat in die VSA aan die gang is in stede wat deur Demokrate beheer word.
Minneapolis se geweldsmisdaad is deur die dak, en hul is meer as ‘n 100 polisielede kort. Die Hooggeregshof het die stad beveel om nog polisiemanne aan te stel, maar hul sukkel, want niemand wil meer die werk doen nie. New York en Chicago sukkel met presies dieselfde probleem.
Dis wat gebeur wanneer politici inkoop in die woke gedagte dat wetsoepassing, en nie kriminele, die probleem is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien ek ‘n polisieman in die VSA was sou ek maar wegkyk indien iemand van kleur ‘n misdaad pleeg. Maar wittes sou bars.

Windhond ·

Nog n krimineel wat opgehemel word – bly uit die kombuis as jy nie die hitte kan vat nie

Niklaas ·

Biden se demokatiese volgelinge en die ander liberales juig en dans nou van vreugde . En Floyd , die gewoonte misdadiger is skielik die groot held en geen woord word gerep oor sy donker verlede nie. Dis sommer afgemaak as iets nietigs . Geen wonder dat die polisie mag ledetal begin daal in Biden se VSA.

Republikein in die Wes Kaap ·

Vasbyt ouens, pres. Trump sal julle op die eerste dag van sy 2de termyn vrylaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.