George Floyd: Polisiebeampte vas vir moord; chaos duur voort

Derek Chauvin ná sy inhegtenisneming. (Foto: Ramsey County Sheriff’s Office via AP)

Die polisiebeampte wat vroeër vandeesweek in Minneapolis in die Amerikaanse deelstaat Minnesota op George Floyd (46) se keel gekniel het wat eindelik tot sy dood gelei het, word nou van die moord op Floyd aangekla.

BBC berig Derek Chauvin is Vrydag in hegtenis geneem op aanklagte van moord en strafbare manslag. Chauvin en drie kollegas is kort ná die voorval geskors.

Mike Freeman, staatsaanklaer van Hennepin County, het gesê moontlike aanklagte teen dié polisiebeamptes kan nie in die stadium uitgeskakel word nie.

Floyd se dood het vandeesweek tot groot rassespanning en grootskaalse oproer in Minneapolis gelei wat sedertdien oorgespoel het tot landswye betogings. Betogings woed tans in meer as 20 Amerikaanse stede met talle betogers wat tot op hede in hegtenis geneem is.

Betogers in Oakland, Kalifornië. (Foto: AP Photo/Noah Berger)

Die betogings het ook reeds twee lewens geëis.

CNN berig twee sekerheidswagte is Vrydagaand gedurende betogings in Oakland, Kalifornië, geskiet. Een van die sekerheidswagte het aan sy beserings beswyk.

Minstens 7 500 betogers het die strate van Oakland ingevaar en skade aan die stad aangerig.

In Detroit, Michigan, is ’n 19-jarige man dood nadat skote laat Vrydagaand op betogers in dié stad afgevuur is.

Betogers in Los Angeles. Kalifornië konfronteer polisiebeamptes. (Foto: AP Photo/Ringo H.W. Chiu)

Volgens die plaaslike polisie het ’n onbekende verdagte skote vanuit ’n motor geskiet. Die slagoffer is later in ’n hospitaal dood.

Die polisie in Detroit kan nie bevestig of die slagoffer deel van die betogings was nie, maar die skietery het plaasgevind in die middestad waar die betogings gewoed het.

James Craig, die polisiehoof in Detroit, het gesê een persoon is ook in hegtenis geneem nadat hy probeer het om ’n polisiebeampte raak te ry. “Ek sal nie staan ​​en toekyk hoe ’n klein minderheid misdadigers ons beamptes aanval en ons gemeenskap onveilig maak nie,” het Craig gesê.

‘n Betoger breek ‘n winkelvenster in Los Angeles, Kalifornië, (Foto: AP Photo/Christian Monterrosa)

Byna 200 betogers is Vrydagaand gedurende ’n betoging in Houston, Texas, in hegtenis geneem nadat hulle ’n pad versper en besighede beskadig het. Vier polisiebeamptes het ligte beserings gedurende die oproer opgedoen en agt polisievoertuie is beskadig.

“Dit is nie wie ons as ’n stad en as ’n gemeenskap is nie. Ons sal u reg op protes beskerm, maar ons sal nie toelaat dat ons stad in chaos verval nie,” het Joe Gamaldi, president van die polisie-unie in Houston, gesê.

Groot skade is intussen in Phoenix in Arizona aangerig toe betogers die vensters en deure van munisipale geboue en besighede gebreek het. Motors het ook deurgeloop.

Ted Wheeler, die burgemeester van Portland, het op sy beurt noodgedwonge ’n noodtoestand in dié stad verklaar weens die onrus. ʼn Aandklokreël in Portland is nou tot Sondag van krag.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video wys hoe Floyd Maandag in hegtenis geneem word waarna hy ná sy inhegtenisneming op die grond lê en na asem snak terwyl ’n polisiebeampte op sy keel kniel.

In die video kan gesien word hoe Chauvin, verbonde aan die Third Precinct, sy knie op Floyd se keel druk, terwyl Floyd aanhou sê hy kan nie asem kry nie. Floyd begin dan al hoe minder praat en beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eerlik ·

Hoekom word alles deesdae as n rasse voorval beskryf. Mense is duidelik besig om perspektief te verloor. Dis polisie brutaliteit soos ons huidiglik ook bevind in SA!

Jean ·

Ek stem saam, en dis snaaks hoe hulle nuus berigte duidelik die ras van die persoon uitwys.

Leeuwyfie ·

Keel of nek? Dit was duidelik aan die agterkant van sy nek.
Ek het die video gesien en al het ek geweet wat die tragiese einde gaan wees het ek steeds net gehoop die polisieman gaan van sy nek afklim. Dis asof trots hom daar gehou het maak nie saak wat nie.

Cherokee ·

Iemand kan nie aan die nek gewurg word nie, maar wel aan die keel. Na berig word, was sy lugpyp versper. Deur die nek kan dit nie gedoen word nie.

JohanR ·

Ek kan nie verstaan hoe enige iemand hul knieg kan afdruk, en indruk op iemand se nek, en hom daar hou vir 8 minute, en dit terwyl die man vir jou se hy kan nie asem kry nie! Nou is ‘n man dood, ‘n man in die tronk en ‘n land brand!

Jack ·

Hoe tragies die dood van Floyd ookal mag wees het dit nou gelei tot die dood van nog twee. Geleenthede soos die is al waarvoor die misdadigers wag om munt te slaan. Winkels word beroof en hou dus geen verband met die dood nie. In china word die soort onluste gou stopgesit. Daar behoort wetgewing uitgevaardig te word wat betogings slegs op sentrale plekke mag plaasvind sodat kriminele aktiwiteite beheer kan word.

Werner ·

Wat die polissieman gedoen het was seker nie reg nie maar hy word mos nou vervolg hoekom het die mense nou die reg om alles te plunder en af te brand hulle moet ook nou maar hulle straf vat as hulle seerkry

Michael 1 ·

Niks in vergelyking hoe ou mense gemartel en vermoor word deur swart aanvallers in Suid afrika nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.