George Floyd-verhoor begin eersdaags

Derek Chauvin, ‘n voormalige polisielid, word aangekla van die moord op George Floud. (Foto: (Hennepin County Sheriff via AP)

Aanvangsargumente in die verhoor van die voormalige polisiebeampte van Minneapolis wat aangekla word van die moord op George Floyd begin Maandag. Dit word verwag dat die saak ʼn maand lank sal duur.

Derek Chauvin (44), ’n 19-jarige veteraan van die polisie, kan tot 40 jaar tronkstraf opgelê word as hy skuldig bevind word aan die ernstigste aanklag – moord in die tweede graad. Hy het in Oktober borgtog van R16 miljoen betaal en is uit aanhouding by Oak Park Heights vrygelaat.

Floyd is in Mei in Minneapolis dood nadat Chauvin byna drie minute lank met sy knie op ʼn geboeide Floyd wat op die grond gelê het se nek gedruk het. Beeldmateriaal van die voorval het ʼn vlaag Black Lives Matter-veldtogte teen beweerde polisiewreedheid en rassediskriminasie in die VSA tot gevolg gehad.

Drie ander polisiebeamptes – Tou Thao, Thomas Lane en J. Alexander Kueng – staan ook tereg op aanklagte in verband met Floyd se dood. Hulle sal vanjaar afsonderlik verhoor word.

Die regter wat voorsit in die saak, aanklaers en Chauvin se verdedigingsadvokaat is dit eens oor die 15 jurielede na twee weke se deurdringende ondervraging van voornemende kandidate. Die jurielede, tussen die ouderdomme van 20 en 60, beklee verskillende beroepe en weerspieël die diversiteit van Minneapolis.

Die verhoor sal onder uiters streng veiligheidsmaatreëls plaasvind en word regstreeks uitgesaai. Duisende polisiebeamptes en lede van die Amerikaanse nasionale wag word ontplooi om ʼn wakende oog te hou tydens die verhoor.

Ben Crump, ’n prokureur van die Floyd-familie, het gesê hy hoop dat ’n “billike uitspraak” gelewer sal word.

“George Floyd het meer getuies van sy dood gehad as enige ander persoon ooit,” het Crump gesê. “Ons het almal dieselfde gesien – die onbetwisbare en onregverdige marteling en moord deur ’n polisiebeampte van ’n swart man wat onder bedwang gebring en geboei was en geen skade berokken het nie.”

Die prokureur van Chauvin, Eric Nelson, het verlede week gevra dat die verhoor vertraag word en nie in Minneapolis plaasvind nie weens die aankondiging op 12 Maart dat die stad ’n “onregmatige dood”-skikking van R402 miljoen met die Floyd-familie bereik het.

Regter Cahill het die verdediging se mosies van die hand gewys en gesê dat die voorverhoorpublisiteit in hierdie saak sal voortduur, ongeag hoe lank voortgegaan word.

Wat die verandering van sittingsplek betref, het hy gesê: “Ek dink nie daar is ’n plek in die staat Minnesota wat nog nie aan hierdie saak blootgestel is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jack ·

Ja so gaan dit.Die arme man moet nou geslaan word in die naam van liberalisme en BLM. Hoop ou Sleepy Joe is nou gelukkig.

Ano98 ·

Hoekom pla dit jou so ? ‘n Man se lewe was geneem, en daarom word daar ondersoek ingestel en die regsproses word gevolg.

Stel jy voor dat die regsproses nie gevolg word nie, of hoe dan ? As hy mos niks verkeerd gedoen het nie, hoef hy nie te stres nou nie ?

Hennie J ·

As hierdie verhoor in piesangland was, so die uitspraak klaar geskryf wees voor die verhoor begin. In die VSA het die ou darem n kans op n regverdige verhoor mits die jurie nie geintimideer word nie.

Johanna ·

Die arme man het net sy werk onder omstandighede gedoen. Miskien sien en hoor ons nou die volle prentjie..
Volgens gerugte het Floyd n kriminele record gehad.
Is Floyd met opset “vermoor” ? beslis nie..
Deesdae het kriminele teveel Regte en selfs hier by ons is daar rassisme in die SAP.

Ano98 ·

Kriminele het steeds regte, en hy was ‘n mens. Sy kriminele rekord was geen rede om hom dood te maak nie.
Verder, die “arme man” se werk behels nie die reg om iemand se lewe te neem nie .

Wakkerslaper ·

Ano98, dit is waar jy ‘n groot fout maar – die oomblik as jy ‘n misdaad pleeg behoort jy al jou “regte” te verloor. Floyd was in die proses om ‘n MISDAAD te pleeg toe hy gearresteer was. Hy het sy arrestasie TEENGESIT, daarom is hy hardhandig hanteer om hom te bedwang. Kriminele wat hulle arrestasie teensit VERMOOR dikwels die polisieman(ne) wat hulle probeer arresteer. Floyd is nie met OPSET doodgemaak deur die polisieman nie, hy het ‘n HARTAANVAL agv DWELMS gehad….

Johann ·

Tyd mors, net nog ‘n rede soek om te brand en plunder as die hoef nie kan skuldig vind nie.

Louise ·

Dis jammer wat hy deurgaan, maar weereens gaan dit oor behoorlike opleiding.
N polisie man kan nie uit verstrasie optree nie. As jy in n sekere beroep is dan tree jy daarvolgens op!

Genis ·

Daai was en is standaard polisie protokol… Hy was ook erg bedwelm, en dit beinvloed asemhaling… Lees wat is die regte storie, agter die storie…

Ano98 ·

En daarom, as die polisie reg opgelei was en nie uit hul eie wil opgetree het nie, sou hulle mos weet dat “dwelms asemhaling beinvloed”. Daarom is dit mos dan logies dat ‘n mens nie die metode gebruik wat wel gebruik was in die situasie nie ?

Wakkerslaper ·

Ek voel bitter jammer vir Mnr. Chauvin. Hy het sy WERK as polisieman gedoen deur ‘n erkende geweldsmisdadiger en dwelmverslaafde, wat WEEREENS besig was om ‘n misdaad te pleeg te arresteer. En toe die misdadiger hom teen arrestasie verset het, het Mnr. Chauvin die nodige krag en tegniek, soos wat hy as polisieman GELEER was, gebruik om Floyd te in bedwang te bring. Ek sou ook nie my greep laat los het nie – HOEVEEL polisiemanne word deur misdadigers doodgemaak per jaar in Amerika? Floyd het ook aan ‘n hartaanval gesterf, waarskynlik omdat hy op daardie stadium onder die invloed van dwelms was. Ek hoop van harte Mnr. Chauvin kry ‘n regverdige verhoor en dat die hof, nie soos in SA, deur die massas se wil beïnvloed word nie.

Dries ·

Feit bly soos n paal bo water staan. Floyd was n gevaarlike krimineel wat menigte klagtes teen hom gehad het maar nogsteeds aktief was in sy kriminele bedrywighede. Chauven was n polisieman wat sy pligte uitgevoer het en ongelukkige slagoffer was van onvoorsiene omstandighede. Ek is oortuig daarvan dat hy nie opsetlik die man wou vermoor nie

Gert K ·

Lyk my ons moet by die polisie in die VSA aansluit. Hulle betaal nie sleg nie, selfs al skakel jy dit om na USD.

Mariana ·

En als gaan oor wit en swart en geld. Mens kan net hoop dat hy ‘n regverdige verhoor kry, maar dit is te betwyfel, ongelukkig word kriminele deesdae beskerm.

Debbie ·

En hier kom die volgende rassistiese optogte in ons land alweer.

andre ·

Ek sou graag n foto van George Floyd by hierdie berig wou sien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.