Georgië-vloede: Dieretuin-tier doodgeskiet na aanval

Die tier wat doodgeskiet is. Foto: Facebook

Die tier wat doodgeskiet is. Foto: Facebook

ʼn Seldsame wit tier wat onlangs uit die Tbilisi-dieretuin in Georgië ontsnap het nadat gedeeltes van die dieretuin tydens vloede verwoes is, is doodgeskiet.

Volgens InterressNews het die tier twee mans aangeval en een van hulle doodgebyt. Die mans is aangeval toe hulle glo die tier genader het waar dit in ʼn pakhuis weggekruip het. Die tier is daarna opgespoor en doodgeskiet.

Verskeie diere, waaronder ses tiere, ses leeus en agt bere het uit hul hokke ontsnap toe die rivier langs die dieretuin die naweek oorstroom het. Die polisie het reeds ʼn paar diere doodgeskiet uit vrees vir die inwoners se veiligheid.

Zurab Gurielidze, direkteur van die dieretuin, het aan verslaggewers gesê ʼn gesogte wit leeu is ook doodgeskiet. Volgens berigte het die dieretuin meer as 300 diere verloor in die oorstromings. Die meeste van die diere het glo verdrink.

Lees ook:
Foto’s: Talle gevaarlike diere ontsnap uit dieretuin weens vloede in Georgië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lappop ·

En omdat hulle so flippen onnosel is om die tier te nader, moet die pragtige dier nou geskiet word. Hoekom nie uitgaan, die pakhuis se deure toemaak en bel dat iemand van die dieretuin die tier met ‘n verdowingspyl kom skiet en hom terugneem dieretuin toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.