Germanwings-ongeluk: ‘Eendag sal almal my naam onthou’

Andreas Lubitz, die medevlieënier van die Germanwings-vliegtuig wat in Maart 2015 in die Franse Alpe neergestort het Foto: Wolfgang Nass/BILD

Andreas Lubitz, die medevlieënier van die Germanwings-vliegtuig wat in Maart 2015 in die Franse Alpe neergestort het Foto: Wolfgang Nass/BILD

Die medevlieënier Andreas Lubitz wat glo doelbewus ʼn Germanwings-vliegtuig in die Franse Alpe laat neerstort het, het glo verlede jaar aan sy meisie gesê hy beplan iets só erg dat die wêreld sy naam sal onthou.

Lubitz se eksmeisie, ʼn lugwaardin genaamd Maria W, het aan Duitse media gesê die oomblik toe sy van die ongeluk te hore gekom het, het sy dadelik aan een van hul laaste gesprekke gedink. Lubitz en Maria het onlangs hul verhouding verbreek.

“Eendag sal ek iets doen wat die stelsel sal verander en dan sal almal my naam ken en my onthou,” was glo Lubitz se woorde. Maria het aan Bild-koerant gesê sy het in daardie stadium nie verstaan wat hy bedoel nie, maar nou maak dit alles sin.

Volgens die kajuit se bandopname het Lubitz Dinsdag die kaptein van die vliegtuig uitgesluit nadat hy sy nood gaan verlig het. Die Airbus A320-vliegtuig van Germanwings, ʼn dogtersmaatskappy van Lufthansa, met 150 persone aan boord, was van Barcelona in Spanje op pad na Düsseldorf in Duitsland toe dit in die suide van Frankryk in ʼn onherbergsame deel van die Alpe neergestort het. Volgens die opname het Lubitz die vliegtuig doelbewus laat daal en uiteindelik laat neerstort.

Dit het onlangs ook aan die lig gekom dat Lubitz sielkundige probleme gehad het. Hy het glo ook aan depressie gely. Geen selfmoordbrief of enigiets is gevind wat aandui dat hy die ongeluk beplan het of dat hy ʼn politieke of godsdienstige agenda gehad het nie.

Lees alle vorige berigte oor Germanwings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·


…..wie was hy nou weer…..?
………..

Griet ·

Sy NAAM onthou?? Vir my is hy Die Mal Vlieënier wat 149 mense vermoor het. Sy naam is van geen belang.

jacques ·

Ek glo nie die storie wat hulle nou weer opgemaak het nie.So mens sal by hom self selfmoord preeg nie mense saam met hom doodmaak nie,sy meisie is nou weer n klomp geld betaal om dit te se.Hulle wil dit seker n geheim hou dat dit n teroriste aanval was.Net eendag gewees toe is black box ontleed en hulle kon tot nou toe nog nie die vliegtuig wat in Ukrainia afgeskiet was se black box ontleed nie.Ek vind dit baie snaaks.

Afrikaner ·

Ek wonder wat hy ervaar het 5min na sy dood.

Dink net . Hier staan hy in die berge met 150 siele wat na hom staar in woede met Lusifer wat met Jesus debateer waarom hy Andreas se siel mag vat.

Dit gee rillings…

Peet Schabort ·

Nee-wat, gou vergete net soos die ander wat dieselfde ding gedoen het want hy is nie die eerste.
Wat egter wel onthou sal word is die GROTES onder die grotes en hier TROON uit SULLY SULLENBERGER met sy komkommerkoel noodlanding op die Hudsonrivier. Met God se hulp het hy die menslikonmoontlike reggekry maar ek durf nie die ander een oordeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.