Gesin ná dae in woestyn gered

Ori en Lindsey Zavros het saam met hul twee jong kinders deur die Simpson-woestyn in Sentraal Australië gereis toe hulle kampeerwa ná stortreën vasgeval het. (Foto: Facebook / Ori Zavros)

’n Gesin van Perth wat vier dae lank in ʼn afgeleë deel van Australië gestrand was, is Dinsdag met ʼn helikopter gered.

Aanvanklike reddingspogings is glo weens vloede in die wiele gery.

Ori en Lindsey Zavros het saam met hul twee jong kinders deur die Simpson-woestyn in Sentraal‑Australië gereis toe hulle kampeerwa ná stortreën vasgeval het.

Die gesin het ʼn noodsein uitgestuur wat die Australiese Seevaartveiligheidsowerheid van hul ligging in kennis gestel het.

Weens vloede in dié gebied kon die gesin egter nie dadelik gered word nie. Owerhede kon slegs ʼn satellietfoon, ʼn langafstandradio, kos en water uit die lug laat sak.

Die polisie in Suid-Australië het Dinsdag gesê die gesin is na Coober Pedy, ʼn dorp in die noorde van Suid-Australië, gevlieg, waar hulle sal oornag. Vandaar sal die gesin glo hul eie reisreëlings tref.

“Ons is verheug dat hulle uiteindelik gered word,” het ʼn familielid aan die nuusuitsaaier ABC gesê.

AFP berig hewige storms het die gebied die afgelope paar dae getref, wat vloede meegebring het.

Die woestyndorp Alice Springs het sy hoogste daaglikse reënval sedert 2001 beleef, wat die gewoonlik stowwerige Todd-rivier in ʼn sterk watermassa omskep het.

Die onweer het ook vloede en waarskuwings in die suide en ooste van Australië tot gevolg gehad.

Australië het die afgelope paar jaar erge droogtes, veldbrande en vloede ervaar – onder meer weens klimaatsverandering.

PERTH FAMILY RESCUED FROM SIMPSON DESERT LANDS IN COOBER PEDY

PERTH FAMILY RESCUED FROM SIMPSON DESERT LANDS IN COOBER PEDYA Perth family is recovering in South Australia after being rescued from a remote part of the Simpson Desert.Ori, Lyndsay, Zoe and Zane Zavros were airlifted by police helicopter from the Desert, after their camper van became bogged and they set off a distress signal on Friday.

Posted by 10 News First Perth on Tuesday, November 16, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mariaan ·

Hoe reis mens ALLEEN met 2 klein kinders deur so n woestyn gebied? Moet altyd 2 voertuie ens wees…mense is soms so nalatig…

piet ·

So? Toe beland hulle steeds in die moeilikheid Australie en al. LOL

Andre ·

Piet: “Weens vloede in dié gebied kon die gesin egter nie dadelik gered word nie. Owerhede kon slegs ʼn satellietfoon, ʼn langafstandradio, kos en water uit die lug laat sak. Klink soos ‘n feëverhaal as jy dit met ons vergelyk”. Of meen jy dis omdat ons nie vloede het nie.

Irma ·

Mariaan, ek stem saam met jou kommentaar. Dit is die raad wat Andre de Villiers altyd gee in sy program Safari 4 X 4, want daar kan enige iets op jou pad gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.