Gesin uitgewis in MH17-vlugramp

'n Foto van die gesin op Facebook

‘n Foto van die gesin op Facebook

‘n Gesin van ses wat teruggekeer het na Maleisië nadat hulle vir drie jaar oorsee gebly het, was passasiers op vlug MH17 wat glo in Oekraïne neergeskiet is.

Tambi Jiee (49) en sy vrou, Ariza Ghazalee (46), het saam met hulle vier kinders in die ramp omgekom.

Die gesin het glo na Maleisië teruggekeer nadat Jiee vir drie jaar in Kazakstan vir die energiereus Shell gewerk het. Die gesin het voor hul terugkeer op ‘n kort Europese vakansie gegaan.

Foto’s van ‘n treurende Jamilah Noriah Abang Anuar (72), Ariza se ma, het Saterdag die voorblaaie van koerante in Maleisiëe oorheers. “Ek het my dogter en haar gesin in ‘n oogwink verloor,” het Anuar aan die New Straits Times gesê.

Ariza het die foto van haar gesin se bagasie op Facebook geplaas

Ariza het die foto van haar gesin se bagasie op Facebook geplaas

Ariza het ‘n foto van haar gesin se bagasie op Facebook geplaas voor hulle van Amsterdam se Schiphol-lughawe na Kuala Lumpur vertrek het. “17 Julie 2012, begin met ons nuwe hiraj (reis), Alhamdulillah (eer God),” het sy by die foto geskryf.

Vlug MH17 is glo Donderdag neergeskiet terwyl dit oor Oekraïne gevlieg het. Die VSA beweer die vliegtuig is met ‘n missiel neergeskiet. Volgens berigte was daar 298 passasiers aan boord.

Lees ook:
Egpaar verloor familie in albei MH-vlugrampe
SA man was op vlug MH17
Vlug MH17 is neergeskiet, sê VSA intelligensie
Video: Malaysia Airlines-vliegtuig stort neer in Oekraïne

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

C J Theart ·

Hoekom betwyfel die joernalis dat die familie “glo” gevlieg het. Dit is die mees DOMSTE woord wat joernaliste deesdae gebruik. Jy hoor nooit dat CNN se apparently nie. Maar die joernalis hier moet mos Alles betwyfel. Hulle is nou GLO afgeskiet en het glo gevlieg …….beweer die joernalis nou almal lieg en die vliegtuig het sommer net daar verskyn en die familie lewe nog.

Delia ·

Het ook al baie gewonder oor die “glo” by al die berigte! Irriteer my grensloos…..

Chris ·

Die ‘glo’ is daar, omdat op die oomblik dat die berig geskryf is, die passasierslys nog nie bekend was nie! Dus daar was steeds ‘n moontlikheid dat hulle nie aan boord van die vliegtuig was nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.