Gesin vry ná jare in aanhouding

Caitlan, Joshua en hul twee seuns soos hulle in ‘n video in Desember verskyn het.

ʼn Man, sy vrou en hul drie kinders, wat in aanhouding gebore is, is ná jare uiteindelik vrygelaat.

Die Amerikaanse vrou, Caitlan Coleman, en haar man, Joshua Boyle, ʼn Kanadese burger, is vyf jaar terug ontvoer terwyl hulle met rugsakke deur Afganistan getoer het. Hulle is deur Haqqani-rebelle, wat bande met die Taliban het, aangehou.

Coleman was swanger toe hulle ontvoer is. Die egpaar het nog twee kinders gekry terwyl hulle in aanhouding was. Volgens berigte het die weermag in Pakistan en Amerikaanse intelligensie-agentskappe die vrylating bewerkstellig. Die rebelle het glo op 11 Oktober die gesin in Pakistan ingebring by een van die stamgebiede wat aan Afganistan grens.

Daar is in Desember ʼn video deur die Taliban in die sosiale media uitgereik waarin die egpaar en twee seuntjies gesien kan word. Die egpaar smeek in die video dat die Afgaanse regering moet ophou om Taliban-gevangenes tereg te stel.

Pres. Donald Trump het die gesin se vrylating bevestig en gesê dit is ʼn positiewe oomblik vir Amerika se verhouding met Pakistan. “Die regering in Pakistan se samewerking wys hulle eer Amerika se versoek om meer te doen om veiligheid in die streek te verskaf.”

Dit was nie onmiddellik duidelik waar die gesin hulle nou bevind nie en geen ander besonderhede is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ruby ·

As sy swanger was en nog 2 kinders gekry het waar is die ander kind, of lees die berig net verkeerd?

Bly hulle en die kinders is nou veilig.

Denise ·

Dit is niks snaaks nie hulle is man en vrou en dit wys jou net selfs hul aanhouding het net die liefde sterker gemaak !!!!!! Baie bly hulle kan nou aangaan met hul lewe!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.