Geskiedenis in kruisvaarders se DNS

Die massagraf in Libanon waarin kruisvaarders in die 13de eeu begrawe is. DNS-toetse toon dié soldate was geneties divers en het met die plaaslike bevolking gemeng. (Foto: Claude Doumet-Serhal)

Die DNS van die Middeleeuse kruisvaarders wat in hulle honderdduisende na die Nabye-Ooste opgeruk het, was van uiteenlopende afkoms.

ʼn Navorsingsartikel wat onlangs in die vakjoernaal The American Journal of Human Genetics verskyn het, vertel die interessante verhaal van wie die gewone voetsoldate was wat van 1095 tot 1291 aan die kruistogte deelgeneem het. Tydens dié bykans 200 jaar het Christene in nege godsdienstige veldtogte die Heilige Land van Moslem-besetting probeer bevry.

ʼn Massagraf waarin 25 kruisvaarders begrawe is, is by Sidon aan die voet van ʼn kasteel in die suide van Libanon gevind. Daar is besluit om die volledige genetiese samestelling van 13 van dié mans te bestudeer, om te sien van waar hulle afkomstig was. Uiteindelik kon die navorsers genoeg DNS kry van nege van die soldate om hulle volledige genome te karteer.

ʼn Muntstuk wat tussen 1245 en 1250 in Italië gemunt is, is saam met hulle gevind, asook gespes wat van die Middeleeue dateer.

Die bevindings dui daarop dat die soldate in die weermag geneties divers was en van hulle voorsate het met die plaaslike bevolking in die Nabye-Ooste vermeng. Dit het egter nie ʼn effek op die Libanese bevolking van vandag gelaat het nie, omdat dié genetika nie vandag in hulle DNS opgespoor kan word nie.

Drie van die kruisvaarders was van Europese herkoms (ʼn Spanjaard, ʼn Italianer en ʼn Sardiniër), vier was van die Nabye-Ooste en twee was van gemengde herkoms. Dit beteken die mense wat aan die kruistogte deelgeneem het, was geneties divers en die weermag was nie uitsluitlik Europees nie. Volgens die navorsing het mense ook tydens die oorloë migreer en dalk nooit weer na Europa teruggekeer nie, wat daarop dui dat vermenging tydens van die kruistogte plaasgevind het.

Die navorsing dui ook daarop dat DNS kan help om historiese gebeure beter te verstaan; veral omdat geskiedenis met vooroordele geskryf word, maar DNS feite bevestig kan of geskiedenis kan herskryf.

By die ondersoek van die hedendaagse Libanese bevolking se DNS is bevind dat die Romeine van 2 000 jaar gelede ʼn aansienlike genetiese plaaslike invloed gehad het. Dit is veral Libanese Christene wat vandag heelwat gene het van Romeine van 2 000 jaar gelede. Dit kon kenners bepaal deur DNS wat uit oorskot in Romeinse grafte geneem en ontleed is.

  • Elsabé Brits is ʼn vryskut-wetenskapjoernalis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hou van

Uitstekende werk! Só sal die ware geskiedenis uiteindelik seëvier.

Patriot

En dis die rede hoekom mens nie moet uitbaster. Hou jou ras suiwer en honderde jare later kan kundiges bepaal van waar af jy kom en wie jy was.

Andreas

Ek sal nou regtig nie omgee as die geskiedenis van Suid-Afrika dmv DNS vertel kan word nie.

Eugene

Iemand kan seker nou grond eis