“Geskiedkundige ontdekking” glo op Mars gedoen

Curiosity Marstuig

Wetenskaplikes het glo opwindende nuus van een van Curiosity Marstuig se instrumente.

Die span wil glo nog nie enige verdere inligting bekendmaak voordat hulle die resultate bevestig het nie. Die resultate kom glo van ʼn instrument op Curiosity genaamd SAM. “Ons ontvang tans data van SAM af en dit lyk baie belowend,” het John Grotzinger, hoofondersoeker vir die Curiosity-sending, gesê.

SAM is glo ʼn minatuur chemie-laboratorium. Indien ʼn klein stukkie van Mars se grond of klippie of selfs lug in SAM geplaas word, kan dit presies uiteensit waaruit dit saamgestel is. Grotzinger sê hulle het onlangs ʼn grondmonster in SAM geplaas en die analise toon iets merkwaardig. “Hierdie data gaan in geskiedkundige boeke aangeteken word. Dit lyk baie goed,” het hy gesê.

Grotzinger sê dit sal ʼn paar weke lank duur voordat die span gereed is om die jongste ontdekking bekend te maak.
Curiosity het in September die oorblyfsels van ‘n opgedroogde waterstroom en konglomeraat gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.