Geskiedkundige storm eis reeds 40 lewens

‘n Naambord langs die hoofweg in Texas. (Foto: Joe Raedle/ Getty Images/ AFP)

Die storm in die VSA, wat as die ergste in dié land se geskiedenis beskryf word, het reeds die lewens van minstens 40 mense geëis. Van hierdie mense, onder wie ʼn 11-jarige seun, het in hul huise verkluim.

Maroela Media het vroeër berig dat die Amerikaanse Weerdiens die bibbertoestande beskryf as ’n “ongekende en uitgestrekte gebied van gevaarlike winterweer” van kus tot kus. Die storm het reeds miljoene mense sonder krag gelaat.

AFP berig minstens 40 mense het reeds die afgelope week in die suidelike en sentrale gedeeltes van die VSA gesterf en miljoene mense is sonder elektrisiteit en skoon water gelaat. Volgens ʼn berig in die Daily Mail kan die sterftesyfer tot so hoog as 70 wees.

‘n Kragstasie in Texas is omting van sneeu. (Foto: Matthew Bush /AFP)

Texas se kragvoorsieners het die afgelope paar dae die kragtoevoer na inwoners beperk om te verhoed dat die stelsel oorlaai word weens mense wat verhittingstoestelle tot die maksimum gebruik.

The Guardian berig ʼn 11-jarige seun is Dinsdagoggend dood in sy bed aangetref. Sy familie kon hom nie wakker kry nie. Die polisie ondersoek nog sy dood, maar sy ouers glo hy is dood aan hipotermie. Sy ma vertel hy het net die vorige week vir die eerste keer in sneeu baljaar. Die gesin woon in ʼn tydelike huis in Conroe in Texas. Die huis het glo min isolering gehad. In ʼn ander voorval het ʼn 60-jarige man in sy leunstoel in sy ysige huis verkluim.

Volgens die Daily Mail sal temperature nou weer begin klim en temperature het reeds oor die naweek tot tussen 10 °C en 15 °C begin gestyg.

‘n Woonbuurt in Texas tydens een van die koudste storms wat nóg hier aangeteken is. (Foto: Matthew Busch / AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vrijburger ·

Mmmm ek sien die Green New Deal & kie propagandiste praat toenemend nie meer van ‘Global Warming’ nie maar van ‘Climate Change’.
Terloops, Texas het die grootste kapasiteit in die VSA itv windkrag turbunes. Maar ook van die duurste elektrisiteit.

Kobie ·

Glad nie ń nuwe term nie. Wetenskaplikes en politici het ongeveer ń dekade gelede al begin om te term ‘climate change’ eerder as ‘global warming’ te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.