Die polisie in Napels, Italië, het twee Van Gogh-skilderye, wat in 2002 gesteel is, gevind.
Die Van Gogh-museum in Amsterdam het Vrydag gesê die skilderye is in ʼn “relatief goeie toestand”.
Die skilderye is Zeegezicht bij Scheveningen (1882) en Het uitgaan van de Hervormde Kerk te Nuenen (1884/85).
Die Italiaanse polisie het gesê die skilderye, “van onskatbare waarde” is tydens ʼn klopjag gevind as deel van ʼn operasie teen die Camorra-groep. Staatsaanklaers in Napels het gesê verdere besonderhede sal later tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak word.
Die Nederlanders het sulke wonderlike kunswerke en ander bydraes tot die wereld gelewer, ek is baie trots daarop om van hulle bloed in my are te he.
Oom Jan en Tannie Maria was Nederlanders. As ek na Zuma luister was hulle geen helde want hulle het apartheid in Suid Afrika begin.
en Zuma bepaal jou uitkyk op die lewe? Siestog!