Gestrande koeie gered ná Nieu-Seeland-aardbewing

'n Skermgreep van die video deur Newshub via AP

‘n Skermgreep van die video deur Newshub via AP

Drie koeie, wat op ʼn klein graseiland gestrand geraak het tydens ʼn aardbewing in Nieu-Seeland, is gered.

Die Newshub-nuusdiens het Dinsdag berig die twee koeie en ʼn kalfie is gered nadat ʼn boer en van sy werkers ʼn spoor gegrawe het om hulle te red.

ʼn Video van die koeie se penarie is deur Newshub versprei. Die koeie het op die graseiland naby Kaikoura gestrand geraak toe ʼn aardbewing van 7.8 grondverskuiwings veroorsaak het.

Die boer, wie se naam nie bekend gemaak is deur Newshub nie, het gesê die koeie was desperaat vir water nadat hulle gered is. Die verskuiwingslyn is reg onder sy plaas, wat relatief plat was voor die aardbewing.

Nieu-Seeland se koeibevolking van ongeveer 10 miljoen is ver meer as sy menslike bevolking van 4,7 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Helene ·

Dankie dat julle genoeg omgegee het om die koeie te red. Nog goeie mense daarbuite!!

Paul ·

Wel, dis die boer se bates daai. Dit gaan nie net oor “omgee” nie, dit gaan ook oor die groot klomp geld wat daardie diere werd is.

Oom Kalahari ·

Wat kan ‘n mens sê oor sulke goeie dade. Aan hierdie boer en werkers ‘n dank vir jul omgee, liefde en menslikheid om hierdie diere in ag te neem en tot redding te bring. Geseënd is jul met hierdie optrede. Jul taak was sekerlik veeleisend en harde werk, maar die liefde t alma alles oorbrug alles. Dankie vir jul helde daad.

Alida ·

Julle vergeet sulke goed gebeur in n 1ste wereld stad nie in n plek wat vervul is met bloedorstige wesens en mense vir die pret mense martel en vermoor nie. Riool status land waarin ons bly.

Justice ·

Boer met ‘n plan – boer na my hart wanneer sy diere eerste kom ongeag die omstandighede.

DC ·

Ai tog mense. Die boer het die koeie gered omdat hulle vir hom baie geld werd is, nie omdat hy vir hulle “omgee” nie. More slag hy hulle en dan eet al die diereliefhebbers alte lekker aan ‘n ou rump steakie, of hoe ?

Armando ·

Maroela, en in besonder Suné, asb julle man wat julle soooo vir Afrikaans beywer: “koeie” is ‘n direkte vertaling uit die Engelse “cows”. Wat as daardie kleintjie ‘n bulkalf is? Dis BEESTE man, BEESTE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.