Gestrande vrou gered danksy Google Earth? Nonsens!

Die SOS-tekening wat Sheridan glo gebou het om vliegtuie se aandag te trek

Die SOS-tekening wat Sheridan glo gebou het om vliegtuie se aandag te trek

Die storie van Gemma Sheridan van Engeland wat glo op ʼn eiland uitgespoel het en eers sewe jaar later danksy Google Earth opgespoor is, blyk onsin te wees.

Die webwerf News-Hound.org het onlangs berig oor Sheridan en ʼn paar van haar vriende wat na bewering in 2007 uit Liverpool, Engeland, vertrek het om met ʼn seiljag na Hawaii te vaar. ʼn Storm in die Panama-kanaal het egter hulle boot beskadig en haar vriende is almal dood. Sy het 17 dae later glo uiteindelik op ʼn eiland wakker geword.

Sheridan vertel dan van haar avonture en hoe sy glo op die eiland oorleef het totdat “ʼn kind uit Minnesota” haar SOS-tekening op die strand raakgesien en owerhede ingelig het.

Die storie is op ʼn hele paar betroubare nuuswebwerwe herhaal.

Die webwerf Waffles at Noon, wat gereeld samesweringsteorieë ontbloot, het Woensdag bevestig dat die berig vol aanduidings is dat dit vals is. Die Google Earth-foto wat in die berig gebruik word, is eintlik ʼn satelllietfoto van Kyrgyzstan.

Waffles at Noon berig verder gedeeltes van Sheridan se teks is verbatim geneem uit ʼn Daily Mail-artikel oor Ed Stafford, wat 60 dae op ʼn eiland in die Stille Oseaan moes spandeer.

Bron: Waffles at Noon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.