Getal ‘zero’ selfs ouer as wat gedink is

Getal ‘zero’ selfs ouer as wat gedink is (Foto: Oxford-universiteit)

Hoewel verskeie antieke beskawings soos die Majas en die Babiloniërs reeds voor Christus ’n simbool vir zero gebruik het, is dit nie as getal gereken nie, maar eerder as plekhouer.

Die Inkas met hul toutjieskrif het ’n knoop in die toutjie weggelaat waar ’n zero moes kom.

Die geskiedenis van wanneer die zero ’n numeriese en algebraïese herkoms verkry het, is nie seker nie. Wat wel seker is, is dat die “simbool” vir zero reeds in die 9de eeu in Sanskrit-tekste gebruik is. Sanskrit is ’n oertaal waaruit die Indo-Germaanse tale, waaronder Afrikaans, ontstaan het.

Die zero is aanvanklik eers as ’n kolletjie aangedui. Later het die gaatjie in die middel van die kolletjie ontwikkel wat tot die huidige simbool vir zero gelei het.

Die ouderdomme van die verskillende bladsye van ’n ou Sanstrik-algebraboek van 70 bladsye is egter nou bepaal. Hieruit blyk dit dat die bladsye se ouderdomme verskil, en dat die oudste bladsye 500 jaar ouer is as die jongste. Die ou bladsye dateer terug tot 224 en 383 ná Christus. En in die oudste bladsye word die zero reeds vir algebra ingespan. Tot voor die ontdekking is aanvaar dat die oudste voorbeeld van die zero wat in algebra gebruik is, uit die 9de eeu dateer.

Die boek met die ou bladsye is in 1881 deur ’n boer ontdek in wat nou Pakistan is. Sedert 1902 word dit in die Oxford-universiteit se Bodleian-biblioteek gehuisves.

Daar is dus geen jaar zero in die Anno Domini-stelsel wat aanvanklik in die Gregoriaanse en Juliaanse kalenders gebruik is nie. Die jaar 1 v.C. is dus regstreeks gevolg deur die jaar 1 n.C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Baie interessante artikel. Net twee belangrike puntjies: Dit is Sanskrit, en nie Sanstrik nie; en die Afrikaans vir “zero” is nul (of dan, die syfer nul).

Rudi ·

Ek verstaan die verwysing na die jaar 1 vC en dat daar nie na jaar 0 verwys word nie en dan die jaar 1 nC, maar die verskil tussen 1 vC en 1 nC is nogtans twee jaar, of verstan ek verkeerd ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.