Gevangene gee hom oor dekades ná ontsnapping

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn 64-jarige man wat in die vroeë negentigerjare uit ʼn tronk in Australië ontsnap het, het hom die afgelope week by die polisie oorgegee.

Die polisie in Nieu-Suid-Wallis sê die man het in 1992 glo ʼn ystersaag en boutsnyers gebruik om uit ʼn gevangenis noord van Sydney te ontsnap. Die Sydney Morning Herald berig die man het destyds tronkstraf uitgedien vir die kweek van verbode plante.

Hy was toe 35 jaar oud.

Die man het destyds as gevangene gedurende die aand van 31 Julie en die oggend van 1 Augustus 1992 tussen 19:00 en 07:00 uit ʼn korrektiewe sentrum in Grafton ontsnap.

“Pogings om die man destyds op te spoor was nie suksesvol nie,” sê die polisie.

Die man was al die jare op vrye voet tot hy Sondag – 29 jaar later – by ʼn polisiestasie in Sydney ingestap het om hom oor te gee.

Hy het glo gedurende sy tyd as voortvlugtende op die noordelike strande van Sydney gewoon.

Die Daily Telegraph in Sydney berig die man was haweloos.

Hy word nou aangekla van ontsnapping uit wettige aanhouding. Die man is intussen borgtog geweier en is nou ná drie dekades van vryheid weer agter tralies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

Moet wees :-)
As hy weer by sy tronkuitrusting ‘n ystersaag en boutsnyer kry, sal hy dit waarskynlik terug gee.

Dries ·

Is dit nou regtig n misdaad om verbode plante te kweek. Dagga is al gewettig. Kyk mooi na die pensioenaris

Baardman ·

Hy gaan nou geld maak met die fliek oor die ontsnapping en sy lewe wat Hollywood gaan maak

Niklaas ·

Die arme man het seker vreeslik honger gely en het dalks ander treurmares beleef , soos om ‘n bos-slaper sonder enige inkomste te wees. Dit sal nou interessant wees om te lees watter nuwe straf nou wag op hom. Dis beslis ‘n veiliger pensioentyd wat hy nou betree ,met kos , warm storte en droë klere gewaarborg.

JohanCzu ·

Die ou is nie dom nie. Op 64 en haweloos is hy nou gerieflik op pensioen. Blyplek, kos, sy wasgoed word gedoen, mediese versorging en geselskap. En geen finansieele kwellinge nie. Wat meer wil mens hê op jou oudag.

Frank John ·

Hy soek nou vrye dienste, verblyf, kos, medies, dit wat hy nie kan bekostig nie. Hy is nie meer jonk nie, tyd vir pension op staat se onkoste. Hahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.