Gewasse “gekul” om droogte te weerstaan

Argieffoto

Argieffoto

Amerikaanse wetenskaplikes het daarin geslaag om met die toediening van ’n bekende swamdoder plante te “kul” om meer droogtebestand te wees.

Die toediening het die plante se natuurlike reseptore geprikkel om minder water aan die atmosfeer af te gee.

Die bevindings van die navorsing is pas in die vakjoernaal, Nature, gepubliseer.

Die bestaan van die reseptore wat plante in staat stel om minder water af te gee, is reeds ‘n geruime tyd aan wetenskaplikes bekend. In 2006 is vasgestel waar hierdie reseptore gesetel is. Die vraag was hoe om die reseptore tydens droër toestande te stimuleer om water te bewaar.

Lees die volledige artikel in die Christian Science Monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.