Gewelddadige protes in VSA: Wit polisieman wat swart jeugdige skiet, vrygespreek

 Geweld in Ferguson, Amerika op 24 November 2014 ná 'n polisieman vrygespreek is nadat hy 'n ongewapende swart man doodgeskiet het Foto: St. Louis-polisie/Facebook

Geweld in Ferguson, Amerika op 24 November 2014 ná ‘n polisieman vrygespreek is nadat hy ‘n ongewapende swart man doodgeskiet het Foto: St. Louis-polisie/Facebook

Protesoptogte het in verskeie Amerikaanse stede begin kort na ’n groot jurie besluit het ’n wit polisieman wat ’n swart tiener noodlottig getref het, nie vervolg moet word nie.

Optogte het in onder meer New York, Chicago, Seattle en Washington DC plaasgevind. In New York is die polisiekommissaris met nagemaakte bloed bespuit. Die Los Angeles Times het ’n spesiale afdeling op die web aan die protesoptredes afgestaan om lesers op die hoogte te hou van verwikkelinge – ook in Los Angeles. Ook die Drudge Report werk deurlopend berigte by. Dit lyk of die protesoptrede deur die loop van die nag soos ’n veldbrand versprei het.

Pres. Barack Obama het ’n beroep gedoen dat die protesoptogte vreedsaam moet plaasvind.

In Ferguson, Missouri, waar die ongewapende 18-jarige Maichael Brown vroeër vanjaar deur die polisieman Darren Wilson geskiet is, het die geweldpleging opnuut gewelddadig geword. Minstens twee voertuie, waarvan minstens een ’n polisievoertuig is, is aan die brand gesteek, en die winkel waaruit Brown glo ’n pakkie sigarette wou steel, is geplunder.

Ernstige geweldpleging het in Ferguson losgebars na die nuus oor Brown se dood bekend geword het. In afwagting van die groot jurie se uitspraak het die goewerneur ’n noodtoestand afgekondig, en ook die Nasionale Wag op gereedheidsgrondslag geplaas.

Veiligheidsdienste het vooraf gewaarsku dat rasse-onluste ook elders in die land kon uitbreek.

In ’n agtergrondartikel in die Christian Science Monitor voor die uitspraak wys die koerant daarop dat dit vir swart Amerikaners oor veel meer handel as die spesifieke geval. Hulle glo daar is wydverspreide rassevoordeel teen swart mense in die Amerikaanse polisie, en dat dit tot onnodige gewelddadigheid lei. Om hierdie “kultuur” te breek is verwag dat die protesoptredes sou voortgaan ongeag wat die groot jurie sou bevind.

Lees meer: Trouw en Christian Science Monitor, USA Today, LA Times en The Star

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AvraD ·

Lees die opskrif – kan maar net nie wegkom van wit teen swart. Is om van siek te word.

Katvis ·

Mooi man! Ek smaak dit dat die lande wat die ANC help aan bewind kom het, so bietjie eerstehandse kennis opdoen in wat hulle hier veroorsaak het! Kry vir jou, katvis!

Gerhard Bezuidenhout ·

In Suid Afrika is rasbevoordeling aan die orde van die dag , Die verskil is net dat dit nie in ons gene is om te brand en te verwoes nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.