Gewilde musikant sterf op 28

Tim Bergling, oftewel Avicii. Foto: @Avicii / Twitter

Die gewilde Sweedse platejoggie en musiekvervaardiger Tim Bergling, oftewel Avicii, is in die ouderdom van 28 dood.

Volgens berigte is Bergling Vrydagmiddag dood in Muscat in Oman aangetref.

“Dit is met groot hartseer dat ons Tim Bergling, ook bekend as Avicii, se dood moet aankondig,” het Diana Baron, sy reklamebeampte, in ʼn verklaring gesê. “Die familie is gebroke en ons versoek almal om asseblief hul privaatheid te respekteer. Geen verdere verklarings sal deurgegee word nie.”

Meer inligting en omstandighede rakende sy dood is nie bekend gemaak nie.

Bloomberg berig Avicii het in 2016 opgehou om voor gehore op te tree nadat hy met akute pankreatitis gediagnoseer is, gedeeltelik as gevolg van oormatige alkoholverbruik. Hy het in 2014 sy galblaas en blindederm verwyder en moes ʼn reeks konserte kanselleer om te herstel. Hy het tot onlangs toe nog musiek in sy ateljee vervaardig.

Een van sy treffers is Wake Me Up:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Siener van Melbourne ·

Oom Jan jy’s ‘n ongeskaafde plank. Die knaap het sy probleme gehad, geniet wat hy nagelaat het of gaan vang vis.

snoefie ·

nooit nie oom jan. hy sou sy beste skoene agterna gegooi het. nou behoort hy ook aan “club 28.”

Valerie ·

“Sunset Jesus” en “F*** the Music” was van sy dans songs.
Die lirieke van “Sunset Jesus” is nogal van toepassing. Die ouens plaas druk op hulself omdat die wêreld so leeg is en almal die pas probeer aangee waar dit nie nodig is nie.
Hier is “Sunset Jesus”. https://www.youtube.com/watch?v=9bljFUfIshM

Hy het die verkeerde besluite geneem; mag ander daarvan notisie neem.

Ek het Donderdag nog ‘n inskrywing oor Avicci gemaak in ‘n dokumentêre artikel.

Karien ·

So hartseer, geen kanse vir regmaak meer nie, sy keuse het hy op aarde gemaak nou is dit verby… , so jonk, so baie talent en alles weggegooi.

Kaster ·

Nee, jy totaal oorskat waarde van dagga en onderskat gevare daarvan, en onderskat invloed van ander faktore op die pankreas. Moet nie mediese raad gee as jy nie gekwalifiseerd is om dit te doen nie.

Nico ·

“He said some day you’ll
Leave this world behind
So love a life you
Will remember”
My father told me so..
Avicii – The Days”

Avicii Fan? ·

Long live his music, wat n legend!!! Great musiek gemaak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.