Ghislaine Maxwell in hof oor mensehandel

Ghislaine Maxwell tydens die Children’s Benefit Gala by die Capitale in New York in 2014. (Foto: Rob Kim/Getty Images/AFP)

Die langverwagte hofsaak van Ghislaine Maxwell, die Britse sosiale vlinder wat daarvan beskuldig word dat sy minderjarige meisies vir wyle finansier Jeffrey Epstein gewerf het, begin Maandag.

Die 59-jarige dogter van die ontslape koerantmagnaat Robert Maxwell, kan lewenslange tronkstraf opgelê word as sy in New York skuldig bevind word dat sy minderjarige meisies vir seksuele mishandeling gewerf het vir Epstein, haar minnaar. Epstein het homself meer as twee jaar gelede om die lewe gebring.

Ná Epstein se afsterwe – ʼn multimiljoen dollar geldbestuurder wat vriende was wat met talle bekendes, insluitend Brittanje se prins Andrew – het staatsaanklaers onderneem om samesweerders te vervolg. Maxwell is in Julie 2020 in hegtenis geneem.

Sy is intussen in aanhouding by die Metropolitaanse aanhoudingsentrum in Brooklyn. Sy het gekla oor onhigiëniese en onmenslike toestande.

Haar beweerde misdade is gepleeg tussen 1994 en 2004 en hou verband met vier vroue, waarvan twee sê hulle was net 14 en 15 jaar oud toe hulle seksueel mishandel is. Die vroue se name word weerhou.

Staatsaanklaers sê Maxwell het met die meisies vriendskappe aangekoop deur middel van inkopietogte. Sy het hulle oorreed om Epstein kaal te masseer by sy verskeie wonings. Hy het hulle seksueel mishandel voor hy vir hulle geld gegee het.

Staatsaanklaers sê Maxwell het soms deelgeneem aan die vermeende mishandeling – by hul huis in Londen en by Epstein se eiendom in Manhattan, Palm Beach en Nieu-Mexiko.

Epstein is in Augustus 2019 in die ouderdom van 66 dood aangetref in ʼn tronk in Manhattan. Hy het tereg gestaan op mensehandel van minderjariges. New York se amptelike lykskouer het bepaal dit was selfmoord.

Meineed-klagte

Argieffoto van Ghislaine Maxwell (Foto: Chris Ison/PA via AP, File)

Die 12 jurielede en ses alternatiewe jurielede wat Maxwell se lot sal bepaal, sal Maandag ook amptelik hul sitplekke inneem. Die hofsaak sal na verwagting tot die middel van Januarie 2022 voortduur.

Maxwell ontken skuld op al ses aanklagte wat mensehandel van ʼn minderjarige insluit. Sy kan tot 80 jaar tronkstraf gevonnis word as sy op alle aanklagte skuldig bevind word.

Die Frans gebore erfgenaam staan ook tereg op twee aanklagte van meineed. Dié hofsaak sal volg ná haar saak oor mensehandel. Dit hou verband met getuienis wat sy in 2016 gegee het in ʼn naamskendingsaak wat teen haar aanhangig gemaak is deur Virginia Giuffre, glo ook een van Epstein se slagoffers. Guiffre voer aan Epstein het haar uitgeleen vir sy ryk en invloedryke kennisse, insluitend prins Andrew. Maxwell, jarelange vriendin van Andrew, het die prins aan Epstein bekendgestel.

Guiffre dagvaar die koninklike in New York en sê hy het meer as 20 jaar gelede met haar omgang gehad toe sy 17 jaar oud en ʼn minderjarige was. Dié siviele saak sal na verwagting laat in 2022 voor ʼn jurie aangehoor word. Prins Andrew is nie strafregtelike aangekla nie en hy ontken alle bewerings.

Giuffre, nou 38, is nie deel van die saak teen Maxwell nie.

Vlugrisiko

Jeffrey Epstein tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Uma Sanghvi, Palm Beach Post,/AP)

Die vermeende slagoffers sal na verwagting getuig dat Maxwell ʼn rits meisies en jong vroue bestuur het wat na verskillende state geneem is om seksdade uit te voer asook geseksualiseerde masserings vir Epstein. Hulle het honderde dollar in ruil ontvang.

Die verdediging voer aan Maxwell word slegs vervolg omdat Epstein geregtigheid ontduik het. Hulle voer aan hulle sal die aanklaers se geloofwaardigheid aanval deur te verwys na hul dwelmmisbruik.

Hulle beplan ook om die meisies se herinnerings te daag deur sielkundige Elizabeth Loftus te vra om te getuig – ʼn kenner oor “vals geheue”. Sy het tydens die hofsake teen Harvey Weinstein en Bill Cosby getuig dat herinneringe mettertyd deurmekaar raak – veral wanneer mens jare later oor iets uitgevra word.

Die staatsaanklaers beplan om sielkundige Lisa Rocchio te vra om te getuig oor algemene strategieë om kinders gereed te maak vir seksuele mishandeling, soos om vertroue op te bou voor seksuele gedrag genormaliseer word.

Die verrigtinge teen Maxwell kom ná Weinstein en die sanger R. Kelly skuldig bevind is. In dié hofsake het die verdediging ook gepoog om die aanklaers se geloofwaardigheid te bevraagteken.

Epstein is in 2008 in Florida skuldig bevind dat hy jong meisies vir masserings betaal het, maar hy het net 13 maande in ʼn tronk deurgebring onder ʼn geheime pleitooreenkoms.

Maxwell se aansoek om borgtog is al ses keer afgekeur. Sy het verskeie paspoorte en regters meen sy is ʼn vlugrisiko. Sy sal waarskynlik nie getuig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Niklaas ·

Geen simpatie vir sulke gewetenlise karakters nie. Haar hoë lewensstyl gaan vervang word met ‘n lang tronklewe.

JohanR ·

Te veel sou uitgekom het oor te veel Demokrate…..hy moes net stilgemaak word. Verbaas Ghislaine is nog nie stilgemaak nie maar DIT sal nou net te verdag lyk!

Jr ·

Stuk gemors. Al julle geld kan julle nie ordentlikheid, etiquette, of goeie môrele koop nie. Sal eerder arm maar ordentlik wees

Tanniepetoors ·

Met die vrou het ek geen, maar geen simpatie nie. Die sielkundige wat wil bewys dat die getuies se geheues nie betroubaar is nie, is gewetenloos en het duidelik geen begrip hoe hierdie jong meisies se lewens beïnvloed was deur hierdie afskuwelike dade waartoe hulle afgepers was nie.

Yolandie ·

Ek hoop die hele spul van hulle, al die Amerikaanse sangers en akteurs word ontbloot en tronk toe gestuur… Kevin Spacey dink hulle het al van hom vergeet, sy dag kom nader, syne en Prins Andrew!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.