Glo ‘te vet’ vir die tronk

Linda Ann Jenns ten tyde van die ongeluk Foto: Kent Online

Linda Ann Jenns ten tyde van die ongeluk Foto: Kent Online

Linda Ann Jenns (49), wat ʼn drawwer doodgery het, voer aan sy is te vet om tronk toe te gaan.

Jenns, wat 190 kg weeg, het Paul Stinton (45) in Januarie 2014 in Kent, Engeland, getref toe sy ʼn rooi verkeerslig verontagsaam het, berig Kent Online. Hy het drie weke later aan sy beserings beswyk.

Sy is in die hof skuldig bevind, maar haar prokureur, Ian Bridge, het die regter versoek om nie die vetsugtige Jenns tronkstraf op te lê nie, aangesien sy nie “ʼn lewe agter tralies baie moeilik sal wees”. Bridge het verduidelik sy kliënt het sewe jaar gelede ʼn beroerte gehad en was besig om behandeling te ontvang vir haar gewigsprobleem toe die ongeluk plaasgevind het. Sy het sedert die ongeluk glo nog gewig opgetel.

Regter Norton het die saak vir twee weke uitgestel hangende mediese verslae, maar het Jenns gewaarsku dat tronkstraf “bykans seker” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Jy is nie te vet vir jou kar se sitplek nie – So jy sal meer as genoeg spasie in die tronk he.

Ha ha ha ·

Te vet om tronk toe te gaan. Dankie Maroela vir die grappie van die dag. Eerste keer dat ek hoor mens is te vet om tronk toe te gaan. Tronk is seker die beste dieet wat beskikbaar is :-)

Winston ·

As jy kan ry moet jy ook maar tronk toe gly. Of werk dit op n gly skaal? Glip in iets gemaklik en klim die bus

MJL ·

Goeie plek om van die vetjies ontslae te raak. Nee wat! Sluit haar toe.

Se maar net ·

Absoluut!!! Dit gaan haar op ‘n dieet sit wat werklik gaan werk.
Want ek is oortuig daar is nie kits kos te bedien in die tronk nie.
Plaas haar alleen in ‘n sel, dan is daar oorgenoeg ruimte!!!!

Marié Koekemoer ·

Dié vrou kom al haar lewe lank weg met verskonings. Help haar om haarself te help. Die tronk behoort haar te help om gewig te verloor en dinge in perspektief te sien. Laat reg geskied.

Pietie ·

Ja-nee die tronk dieet sal verseker help om van die ekstra kilogramme ontslae te raak. As sy dan boonop op ‘n eetstaking gaan om beswaar te maak teen die vonnis verslank sy in n japtrap. Voila!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.