Gʼn kniebuigery meer voor F1-wedrenne

Lewis Hamilton. (Foto: Mark Thompson/Pool via AP)

Stefano Domenicali, hoof van Formule 1, sê renjaers sal nie meer ʼn formele geleentheid kry om die knie te buig voor wedrenne nie. Hy benadruk dit is nou tyd vir “aksie” om diversiteit in motorsport te verhoog.

Brittanje se Lewis Hamilton en ander renjaers het die afgelope twee seisoene voor elke wedren die knie gebuig as ʼn teken van solidariteit teen rassisme.

F1 beplan egter om die tydgleuf uit sy voor-wedren-skedule te verwyder vir die nuwe seisoen, wat volgende maand in Bahrain begin.

Die sport het Dinsdag aangekondig hy verleng sy befondsingsooreenkoms vir die Formule 1-ingenieursbeurs vir onderverteenwoordigde groepe tot 2025. ʼn Teenrassisme-boodskap sal ook steeds voor elke wedren vertoon word.

“Ons moet seker maak dat dit wat ons gedoen het, belangrik was om die bedoeling van Formule 1 te wys vir die dinge wat regtig saak maak vir die wêreld,” het F1-president en uitvoerende hoof Domenicali aan Sky Sports gesê. “Ek dink dit is nou die tyd om die gebaar te verander in aksie. Nou moet dit wat ons doen fokus op die diversiteit van die gemeenskap – dit is die eerste tree.”

Renjaers sal vermoedelik steeds in ʼn ander stadium voor die aanvang van die wedren, moontlik by hul motors, kan kniel.

Dit volg net dae ná Hamilton so te sê bevestig het dat hy na die renbaan sal terugkeer. Dit bring ʼn einde aan sy stilte op sosiale media ná verlede jaar se omstrede eindstryd in Abu Dhabi. Hamilton se toekoms by F1 het onseker geblyk toe Max Verstappen met die beker weggestap het. Hy het egter Saterdag op Twitter gesê: “Ek was weg, maar nou is ek terug.”

Domenicali het gesê almal het sy besluit, om stil te bly, gerespekteer. “Ek dink hy sal ten volle gereed wees vir die aanvang van die seisoen. Lewis het die moontlikheid om vir die agtste keer as wêreldkampioen te kraai.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

007 ·

It’s about time! Hoekom moet ek nou by elke kommentaar inteken, tenspyte van die onthou my box.

Schalk ·

Soms dink ek die MM se sin vir die waarheid is dubbel standaarde.

Janice du Plessis ·

Dagsê Rooivalk
Dankie vir jou terugvoer.
Dit wil voorkom of daar iewers ‘n tegniese fout is wat veroorsaak dat die stelsel nie gebruikers se intekenbesonderhede onthou nie. Jammer vir die ongerief! Ons tegniese span stel ondersoek in.
Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Jr ·

As mens te sterk menigind is vir hulle dan doen hulle dit. Ek was al uitgesluit met regte password en usernaam. Hulle sensuur alles wat mens wil sê. Hulle wil hê u moet liewerste sê. Aagh shame Dhali is stout, shame want hy word op gepik, tensy wat ons rerig wil sê

JD ·

Rooikat. Hierdie was n goeie vraag. Meeste van my kommentaar word elk geval verwyder, selfs al is dit wat baie mense dink. Dan kom die Ministry of Truth en siedaar, hys weg. Ek stem saam daat haatspraak , krutaal ens nie op so platform hoort nie.
Maar as jy deesdae nie saam die skapies stem nie, word jou stem summier stil gemaak.

Frank ·

Dit is uitstekend dat hierdie hamilton van die toneel verdwyn.

Jr ·

Hulle : Wie support jy in F1?
Ek :Enige iemand wat Hamilton wen of binne in hom vasry.
Spoilt brat born with a silver lepel in die mond, maar so te nagekom deur wit mense

George ·

Jy weet mos, hy het n vreeslike moeilike lewe gehad en word steeds onderdruk deur die witmens

casper ·

Nou hoe nou ??
Wat gaan SIR Hamilton nou moet doen om aandag te trek?????

Renier johannes ·

Buig net jou knie voor jou hemelse Vader vir niks anders nie

VaalDonkie ·

As jy dink witmense is lelik met ander rasse, dan moet jy kyk hoe lelik hulle met mekaar is.

Elmarie ·

Ek sou eintlikbaie graag vir sir Ham wou sê maar jy het dermiljoene ponde, “put your money where your mouth is”. Hoekom gebruik jy nie van jou geld en begin ‘n spesiale skool/kollege om swart tegnici op te lei nie? DAN doen jy mos nou iets daadwerkliks ipv die kniebuigery.

Jannie van Niekerk ·

Kniebuig is nie in solidariteit teen rassisme nie, dis ter ondersteuning van ‘n swart Amerikaanse misdadiger. Die kastige kniebuigery van sportmanne is net om aandag te trek. Punt.

Alexander ·

Dis baie goeie nuus. Kom ons hoop krieket en ander sporte volg spoedig hul voorbeeld. Hierdie hele BLM spulletjie is ‘n klug en besaai met onderduimsheid. Die groot rassiste is juis die swartes en BLM meelopers

Emile ·

Ek wonder of hierdie nie iets te doen het met Die Black lives Matter beweging word tans ondersoek vir bedrog van meer as 60 Miljoen Dollar nie?

Di ·

Hierdie knie gebuig stories is heentemal teen my beginsel! Waar in jou lewe buig jy die knie vir ander MENSE? RERIG! Ek buig my knie net voor een, ons Helmelse Vader. Die bybel waarsku ons uidruklik teen hierdie afgodery

Pietertjie ·

Dankie! Nou kan ons weer in die sport begin belangstel

Bernard ·

Kom ons buig die knie vir die 40+ slagoffers van inisasieskole elke jaar – of is dit net ‘n siviele saak wanneer swartes hul eie mense uitwis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.