‘Goeie ma’ verdrink toe vierjarige dogtertjie

Je’Hyrah Daniels (4) (Foto: GoFundMe-bladsy

ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar huilende vierjarige dogter in ʼn rivier verdrink het, is dae tevore deur ondersoekbeamptes vrygespreek van enige kindermishandeling.

Ondersoekbeamptes in Hillsborough, Florida, het Vrydag gesê hulle het onlangs die saak van kindermishandeling teen Shakayla Denson (26) gesluit. Beamptes het op 19 Junie begin om ondersoek in te stel oor Denson se behandeling van haar dogter, Je’Hyrah Daniels (4). Ondersoekbeamptes het op 31 Julie bevind daar is “geen bewyse van mishandeling of verwaarlosing nie”.

Denson is egter Donderdag 2 Augustus aangekla van moord, verswarende kindermishandeling en motordiefstal ná Je’Hyrah in Tampa verdrink het.

Geskokte ooggetuies het gesien hoe Denson met haar dogtertjie in die rivier in stap, haar in die water gooi en weer uitstap. Je’Hyrah het kort daarna onder die water verdwyn. Reddingsduikers het haar liggaam later uit die water gehaal en sy is dood verklaar.

Je’Hyrah en haar pa, Jedaric Daniels (Foto: GoFundMe)

Die Hillsborough-sheriff se kantoor het in ʼn verklaring gesê die verslag van die ondersoek oor kindermishandeling sal nou weer hersien word. Fox News berig die sheriff se kantoor het gesê die ondersoek was “onvoldoende”. Een deel in die verslag lui: “Me Denson hou baie daarvan om ʼn ouer te wees.” Aldus die verslag het dit gelyk of Je’Hyrah “gelukkig en vol energie” is, maar “dit blyk of die ma ontsteld is oor haar dogter se gestremdhede”. “Je’Hyrah is nie die kind wat sy van gedroom het nie.”

Dr. Walter Alfield, ʼn psigiater, het gesê dit is een van die ergste gevalle wat hy nog ooit teëgekom het. “Hulle moes [die ma] in ʼn hospitaal gesit het of die kind van haar af weggeneem het totdat hulle ʼn behoorlike assessering kon doen.”

Volgens ʼn GoFundMe-veldtog wat opgestel is om geld in te samel vir Je’Hyrah se begrafnis, is sy met outisme gediagnoseer. “In die 37 jaar van my lewe het ek nog nooit soveel pyn ervaar nie,” het haar pa, Jedaric Daniels, op die skarefinansieringswebwerf gesê. “Je’Hyrah is met outisme gediagnoseer en sy vereis ʼn bietjie meer liefde en aandag. Ek het haar met my hele wese lief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ekke ·

Hoekom het die ooggetuies nie ingespring en die kindjie gered. Het hulle net staan en kyk ???

Aaklig ·

Dit is die GOEIE Maatskaplike stelsel waarmee MEESTE LANDE TANS SIT.. met Poppie hier in SA was dit nie veel anders nie, almal het geweet van die marteling maar gewag tot die kind dood is . dit is maar hoe die MAATSKAPLIKE werksters deesdae operate . skandelik. Arme kinders, daar is nooit enige justice vir hulle nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.