Ruby Holt, wat vanjaar op 13 Desember 101 jaar oud word, se grootste droom is onlangs bewaarheid: om die see te sien!
Ruby het op ʼn plaas in Tennessee in Amerika grootgeword en het self vier kinders grootgemaak. Weens ʼn gebrek aan finansies het sy egter nog nooit die see gesien nie.
Sy bly tans by die Brookdale-aftreeoord en inwoners het onlangs ʼn watergeweer-geveg gehad en haar versorgers het ontdek dat sy nog nooit die see gesien het nie. Almal het ingespring en Ruby het onlangs vir die eerste keer haar tone in die seewater kon steek.
Nog foto’s en inligting is op Daily Mail beskikbaar.
Dis so mooi. Iets wat deesdae alledaags is vir meeste was iemand anders se droom. So bly daar is nog mense wat die klein dingetjies raaksien en laat gebeur.
dit is sooooo sweat. hoop die tannie het dit terdee geniet.
Het al baie gewonder hoeveel mense sien nooit die see of hul eie land nie. HARTSEER…
Vir my is die Kruger Wildtuin al anderkant die reénboog, moet eers die pot goud kry.
Ja, dis hartseer dat mens so naby baie mooi plekke is, maar dat dit vir die gewone man op straat onbekostigbaar is om dit te geniet, omdat meeste van die plekke vir buitelanders regstaan. Ja, en dit hartseer om te dink daar is mense wat nog nooit eers die voorreg gehad het om die see te sien nie.
Pragtig,pragtig,mooi.seker maak dit haar laasre jare aangenaam