Goeie nuus: Laurel and Hardy herleef

Laurel and Hardy, die twee Britse komediante

Laurel and Hardy, die twee Britse komediante

Al is hul laaste film reeds in 1953 vrygestel, het Stan Laurel en Oliver Hardy se aanhangers vir ʼn geruime tyd nie dié twee Britse karakters vergeet nie.

Laurel and Hardy, eie aan slapstick, het saam in meer as ‘n honderd films opgetree, beide stil en met klank en was veral tussen die 1920’s en 1940’s bekend vir hul manewales.

Die goeie nuus is dat hul karakters in ’n rolprent met die naam Stan and Ollie gemaak gaan word. Dit is breedweg gebaseer op hul afskeidstoer deur Brittanje in 1953. Dit is nog nie bekend watter akteurs dié legendes se skoene op die silwerdoek sal moet volstaan nie. Die maer Brit Stan Laurel is reeds in 1965 in die ouderdom van 75 oorlede, en die gesette Oliver Hardy het in 1957 in die ouderdom van 65 gesterf.

Lees meer in The Guardian.
Klik hier om nog episodes van Laurel and Hardy te sien.
http://youtu.be/udTM5TUGU2g

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.