Goeie nuus: Siamese tweeling suksesvol geskei – foto’s

Faith en Hope. Foto: Facebook

Faith en Hope. Foto: Facebook

ʼn Siamese tweeling is tydens ʼn 26 uur lange operasie suksesvol van mekaar geskei en dokters is optimisties dat die twee 10 maande oue dogtertjies sal oorleef.

ABC News berig dat Knatalyne Hope en Adeline Faith Mata van die borskaswand tot by hul pelviese areas aan mekaar geheg was en onder meer longe, ʼn hartsak, ʼn lewer, ʼn kolon en ander ingewande gedeel het. Meer as 12 dokters was betrokke by die reuse-operasie wat by die Texas-kinderhospitaal in Houston, Texas gedoen is.

Die tweeling is op 11 April 2014 gebore, nege weke te vroeg. Hope en Faith was sedertdien in die hoësorgeenheid van die hospitaal en het op 18 Februarie die lewensveranderende operasie ondergaan.

John Eric Mata, die tweeling se pa, het op Facebook sy dank uitgespreek teenoor almal wat sy dogtertjies in hul gebede gehou het. “Alle eer aan God. ʼn Groot dankie aan almal wat ons ondersteun het en by ons gestaan het in een van die moeilikste tydperke van ons lewens. Elke klein gebed het saakgemaak en elke bietjie aanmoediging wat ons ontvang het, het die wêreld vir ons beteken.”

Volgens ABC News se berig word daar nagenoeg 200 000 Siamese tweelinge elke jaar gebore. So veel as 60% van Siamese tweelinge word stilgebore, terwyl sowat 35% slegs ʼn dag leef. Siamese tweelinge het na die eerste dag ʼn vyf tot 25% kans op oorlewing.

Dié foto’s is na die operasie geneem:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gideon ·

Ek wens julle wou meer breedvoerig berig, die organe wat gedeel word is nogal lewensnoodsaaklik, wie het wat, en hoe oorleef die babas dan as een byvoorbeeld nie ‘n kolon of hartsak het nie.

Eish! ·

Ek het ook gewonder. Hart ens. Is daar ‘n skenking hart gebruik vir een kindjie of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.