Goeie nuus vir paartjie ná vroeggebore baba, reuse hospitaalrekening

Lee en Katie saam baba Dax. Foto: Facebook

Lee en Katie saam baba Dax. Foto: Facebook

ʼn Britse paartjie wie se seuntjie amper drie maande te vroeg gebore is en dit boonop terwyl hulle met vakansie was in ʼn ander land, het goeie nuus gekry.

CBS News berig dat Katie Amos en haar verloofde Lee Johnston met vakansie was in New York toe Amos verlede Sondag in kraam gegaan het terwyl hulle in Central Park gestap het. Baba Dax is 11 weke vroeg gebore en het 1,3kg by geboorte geweeg.

Nog ʼn groter skok het egter op die paartjie gewag nadat hulle uitgevind het hulle hospitaalrekening beloop nagenoeg $200 000 (R2,3 miljoen). Talle fondsinsamelingsinisiatiewe is van stapel gestuur nadat die paartjie se storie regoor die wêreld nuus gemaak het.

Die Lenox Hill-hospitaal in Manhattan het intussen aangekondig dat hulle sal verseker dat daar “geen finansiële impak op die gesin sal wees nie”.

Volgens dokters sal klein Dax moontlik eers in Maart kan huis toe gaan. Sy ouers woon intussen by ʼn Ronald McDonald-huis naby die hospitaal. Dié huise verskaf gratis akkommodasie aan hospitaalpasiënte se gesinne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gwen ·

Geagte redakteur/redaktrise,

Die onderskrif by die foto moet wees “Lee en Katie saam MET baba Dax”. Hou gerus jou Skryf Afrikaans of ander woordeboek handig voordat berigte geplaas word.

Madelein Stoffberg ·

‘Gwen” Ag nee regtig!! Moet daar altyd iemand wees wat iets negatiefs te se het… as jy die werk beter kan doen, hoekom gaan sit jy nie in daai stoel nie, altyd die beste spelers op die kantlyn…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.