CBS News berig dat Katie Amos en haar verloofde Lee Johnston met vakansie was in New York toe Amos verlede Sondag in kraam gegaan het terwyl hulle in Central Park gestap het. Baba Dax is 11 weke vroeg gebore en het 1,3kg by geboorte geweeg.
Nog ʼn groter skok het egter op die paartjie gewag nadat hulle uitgevind het hulle hospitaalrekening beloop nagenoeg $200 000 (R2,3 miljoen). Talle fondsinsamelingsinisiatiewe is van stapel gestuur nadat die paartjie se storie regoor die wêreld nuus gemaak het.
Die Lenox Hill-hospitaal in Manhattan het intussen aangekondig dat hulle sal verseker dat daar “geen finansiële impak op die gesin sal wees nie”.
Volgens dokters sal klein Dax moontlik eers in Maart kan huis toe gaan. Sy ouers woon intussen by ʼn Ronald McDonald-huis naby die hospitaal. Dié huise verskaf gratis akkommodasie aan hospitaalpasiënte se gesinne.
Geagte redakteur/redaktrise,
Die onderskrif by die foto moet wees “Lee en Katie saam MET baba Dax”. Hou gerus jou Skryf Afrikaans of ander woordeboek handig voordat berigte geplaas word.
‘Gwen” Ag nee regtig!! Moet daar altyd iemand wees wat iets negatiefs te se het… as jy die werk beter kan doen, hoekom gaan sit jy nie in daai stoel nie, altyd die beste spelers op die kantlyn…