Goeie wegspring vir Trump met uitslae wat instroom

Pres. Donald Trump. (Foto: AP Photo/Chris Carlson)

Terwyl miljoene stemme reg oor die VSA se 50 deelstate nog getel moet word, lyk dit asof pres. Donald Trump gemaklike oorwinnings in Florida, Georgia, Noord-Carolina en Ohio behaal het. Dit is noodsaaklik vir Trump om hierdie vier deelstate te wen sou hy verkies wil word.

Trump se gemaklike oorwinning in Florida is baie goeie nuus vir hom en sy oorwinning in Florida kan toegeskryf word aan ʼn skerp toename in steun onder dié deelstaat se kiesers van Latyns-Amerikaanse afkoms. Trump het ook ʼn toename in steun onder swart Amerikaners ervaar. Terwyl Trump in verskeie deelstate steun in meer welvarende voorstede verloor, het sy steun in landelike dorpe en kleiner stede verder toegeneem terwyl sy toename in steun onder stedelike minderheidsgroepe beter as verwag is.

Trump is tans gemaklik voor in Pennsilvanië, hoewel ʼn groot hoeveelheid van dié staat se stemme nog getel moet word. Trump moet dié deelstaat wen. Hoewel sy opponent, Joe Biden, gemaklik in die twee groot stedelike gebiede, Pittsburgh en Philadelphia wen, het die Trump-veldtog daarin geslaag om kiesers in landelike gebiede gister in groot getalle by die stemlokale te kry. Daar was in baie landelike gebiede ʼn groot toename in die stempersentasie.

(Foto: Twitter)

Die een deelstaat waaroor die Trump-veldtog tans bekommerd is, is Arizona. Republikeine het Arizona in elke verkiesing sedert 2000 gewen. Die deelstaat het egter die afgelope paar jaar groot demografiese veranderinge ervaar. Biden loop tans voor in Arizona. Indien Trump Arizona verloor raak dit vir hom heelwat meer ingewikkeld om die verkiesing te wen. Hy moet dan Pennsilvanië en een van Michigan of Wisconsin wen. Terwyl die stemme in Michigan en Wisconsin getel word, is dit in albei deelstate ʼn kop-aan-kop stryd.

Een deelstaat waar Trump kan verras is Nevada met ʼn skerp swaai in die Latyns-Amerikaanse stem na Trump. Dié deelstaat het egter net ses stemme in die kieskollege en maak nie heeltemal op vir ʼn 11 stemme verlies in Arizona nie. Vroeëre hoop onder Demokrate dat Biden ʼn kans kon staan in Texas was ook verkeerd en Trump gaan Texas wen.

Goeie nuus vir die Republikeinse Party is dat die party waarskynlik beheer oor die senaat gaan behou. Dit lyk tans of die party setels in Georgia en Noord-Carolina sal behou. Demokrate het ʼn setel in Colorado by die Republikeine afgeneem en terwyl die Republikeine weer ʼn setel in Alabama gemaklik teruggevat het. Dit is nog onseker wie in Maine, Iowa, Arizona en Montana gaan wen. Die Republikeine moet twee van die vier wen om beheer oor die senaat te behou. In die huis van verteenwoordigers sal die Demokrate die beheer behou, maar dit lyk wel of die Republikeine ʼn paar setels gaan wen wat nie vooraf voorspel is nie. In Florida se 26ste distrik het die Republikeine ʼn setel by die Demokrate afgeneem in ʼn distrik met ʼn groot Latyns-Amerikaanse verteenwoordiging.

Joe Biden. Foto: (AP Photo/Matt Rourke)

Dit gaan waarskynlik nog ure neem voordat dit duidelik sal wees wie die verkiesing gewen het. Die uitslag in Pennsilvanië, Michigan, Wisconsin, Arizona en Nevada sal uiteindelik die wenner bepaal. Wat duidelik is, is dat die wegholoorwinning waarvoor Demokrate gehoop het, nie gerealiseer het nie. Die peilings wat ʼn groot Biden-oorwinning voorspel het, was totaal en al verkeerd. Veral in deelstate soos Florida, Ohio, Noord-Carolina en Georgia was die peilings wat meestal ʼn Biden-oorwinning voorspel het, heeltemal verkeerd.

Trump is tans in ʼn baie sterk posisie in Pennsilvanië en sou hy dié deelstaat en moontlik ook Michigan wen sal Demokrate se fokus na Arizona verskuif in die hoop dat Trump daar sal verloor. Die uitdaging is egter steeds die tel van posstemme in Pennsilvanië wat nog lank kan neem en wat moontlik Trump se voorsprong in dié deelstaat kan uitkanselleer. Die verkiesing kan nog na enige kant swaai, maar Trump se veldtog was duidelik baie suksesvol daarin om gister baie konserwatiewe kiesers by die stembus te kry. Trump se uitreik na Latyns-Amerikaanse en swart kiesers was ook suksesvol.

Die stempersentasie in gister se verkiesing was die hoogste in meer as 100 jaar. Sowat 65% van kiesers het gaan stem. Dit is heelwat beter as die 59% van 2016.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

FrankfromCpt ·

Dankie vir die insiggewende jongste verwikkelinge. Maar soos reeds bewys is ‘peilings’ net blatante,linkse propoganda en het hul weer hul naam krater gemaak!

Einstein ·

Hou nie van die man nie, dink hy’s ‘n nar, maar hy’s ten minste nie ‘n “looney” nie.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ek sal nie verbaas wees as Trump wen nie. Aangesien hy die “chosen one” is…

Carina ·

You go Trump!! As dit dalk sou gebeur dat jy dit nie maak nie, kom gerus SA toe. Ons het jou baie nodig hier!!

Hendrik ·

Vir S.A se regering gaan ‘n Trump oorwinning nie goed wees nie. SA hou nie by die handelsooreenkomste met VSA nie en ek dink dat SA regeringse sosiolistiese #EWC, #BEE, #AA en kwota programme hulle nog goed in die moeilikheid gaan laat bring.

gatgogga ·

Boonop is Trump die enigste man wat moontlik -MOONTLIK- sal help teen die hordes wetteloses en rassiste hier in RSA.

Wat op dees Aarde ·

En die meerderheid wit mense in nie rassisties nie?

Annelie ·

Ai ou Trupie. Mag jy sommer ver wen…
Sal baie daarvan hou as ons jou hier kan kry…

Cornelius ·

Ou Trompie het sy foute maar Amerika het hom nodige. Die demokrate is n lag spul veral met Biden en Madame Pelosie.

Alta Alleman ·

Wat ek nou op TV volg lyk dit nie of Trump gaan wen nie.

annievantshwanie ·

Dalk oor die media op die TV meerderheid antie Trump is .. net soos meeste groot media huise wat ek nou eerder nie hier wil noem nie…sal enige iets doen om Trump te trump

saggiespraat ·

Ek wens ons het ook net twee of 3 groeppe om voor te stem, soveel mense gooi stemme weg
op partye wat net nie n kans staan… waar dit kon gegee word vir n pary net om sekere pary van nommer een af te haal,,,

Hano ·

Goed dan Kom ons maak dit bv twee party. Moet dit Dan die ANC en Eff wees. Ons stelsel gee jou die kans om volgens jou begins els te stem.

Wat op dees Aarde ·

Eintlik bitter onregverdige kandidate. Basies moet jy kies watter pedofiel jy ondersteun.

Piet ·

Biden kan sy party stemme kos. Weet nie hoekom hulle nie ‘n meer energieke kandidaat laat staan het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.