Die wenners van die 76ste Golden Globe-toekennings is Maandagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) aangekondig.
Die Queen-rolprent, Bohemian Rhapsody, is as beste dramafliek aangewys terwyl Green Book gewen het vir Beste fliek – komedie/musiekblyspel.
Glenn Close het die beeldjie huis toe gevat vir beste aktrise in ʼn dramafliek vir haar rol in The Wife terwyl Rami Malek gewen het vir beste akteur in ʼn dramafliek vir sy rol as Freddie Mercury in Bohemian Rhapsody.
Olivia Colman en Christian Bale het onderskeidelik die beeldjies gewen vir beste aktrise en akteur in ʼn fliek – komedie/musiekblyspel vir hul rolle in The Favourite en Vice.
Regina King en Mahershala Ali het die beeldjies gewen vir beste byspelers vir hul rolle in If Beale Street Could Talk en Green Book.
Roma is as beste buitelandse rolprent aangewys en Alfonso Cuarón is as beste regisseur aangewys vir dié rolprent.
Lady Gaga het dalk nie die beeldjie gewen vir beste aktrise vir haar rol in A Star is Born nie maar wel vir beste oorspronklike liedjie.
The Americans is as die beste TV-drama aangewys.
ʼn Lys van ander wenners:
Beste aktrise, TV-drama
Sandra Oh – Killing Eve
Beste akteur, TV-drama
Richard Madden – Bodyguard
Beste aktrise, TV-komedie/musiekblyspel
Rachel Brosnahan – The Marvelous Mrs. Maisel
Beste akteur, TV-komedie/musiekblyspel
Michael Douglas – The Kominsky Method
Beste kortreeks
Assassination of Gianni Versace: American Crime Story
Beste aktrise in ʼn kortreeks
Patricia Arquette – Escape at Dannemora
Beste akteur in ʼn kortreeks
Darren Criss – The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story
Beste byspeler (vrou) in ʼn kortreeks
Patricia Clarkson – Sharp Objects
Beste byspeler (man) in ʼn kortreeks
Ben Whishaw – A Very English Scandal
Klik hier vir die volledige lys van wenners.
Rami Malek het die rol van Freddie Mercury briljant vertolk in die fliek Bohemian Rhapsody. Hy verdien beslis die toekenning. Dit is fantasties om mense soos Glen Close en Kirk Douglas ook op die lys te sien. Ongelooflike talentvolle akteurs en aktrises.
Stem 100% saam met jou, Ander Annie, oor Rami Malek. Hy was kompleet Freddie Mercury gewees. Enige Queen aanhanger se ‘moet sien’ fliek.
Jy bedoel seker Michael Douglas, oorlede Kirk Douglas se seun…
Nel.
Kirk Douglas leef nog. 102 jaar oud